AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9360
-78,00
CORN
27 Sep
-
4745
-63,00
SOYA
27 Sep
-
9369,8
-8,20
SUNS
27 Sep
-
9778,2
-189,80
WEAT
27 Sep
-
7052,6
-5,40
WMAZ
27 Sep
-
4767
-35,00
YMAZ
27 Sep
-
4485
-41,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Landbou moet spelbreker vir SA wees’

Die landbou moet die “game changer” in die SA ekonomie wees want dit het die kennis, die vaardighede en beslis die landbouleiers om dit te kan bereik.

'n Jong boer en landboustudent van Riversdal het vir een van die hoogtepunte op Agri Wes-Kaap se kongres gesorg met sy toespraak: “Wie besit die toekoms?”.

Mnr. AJ van Wyk, ‘n eerstejaar aan die Universiteit Stellenbosch, was ‘n genooide spreker op die Agri Wes-Kaap-kongres. Hy is die vierde geslag wat op die familieplaas boer. “Ek het al van kleins af ‘n liefde en passie vir die landbou, veral vir die vee op die plaas. Ek kon my liefde vir die landbou uittleef by die Hoër Landbouskool Oakdale,” het hy gesê.

“Wat verwag ek van die landbou in die toekoms? Óf, wat verwag die landbousektor van my, want een ding is seker, die landbou is een van dié belangrikste en mees invloedrykste beroepsektore in die toekoms van hierdie land. Dit maak dit net al hoe meer duidelik dat ons 'n eerstewêreld-landbouland is, maar ons funksioneer in 'n derdewêreldland se ekonomie.”

Van Wyk sê hy meen dat boere nie transformasie en bemagtiging in die landbou as 'n bedreiging moet sien nie. Ons moet hierdie faktore omskep in geleenthede, en dit eerder as 'n uitdaging sien wat op die speelveld van ons bedryf voorkom, want dit is hiér en dit is die realiteit wat ons sal móét hanteer. Hy het Abraham Lincoln aangehaal: “The best way to predict the future is to create it.” Dit is egter makliker gesê as gedaan, het hy gesê.

Tegnologie is reuse-faktor

“Hoe skep ons die toekoms van die landbou? Die eerste faktor wat ongetwyfeld 'n reuse-impak sal hê is die aanwending van tegnologie in die daaglikse bestuur van die boerdery. Tegnologie is eintlik die hoofdryfveer van die veranderinge en transformasieprosesse wat ons sien in die landbousektor van vandag.

“Dit klink dalk nog bietjie onwerklik maar ek kan nie help om te wonder of ons nie dalk stadig besig is om te beweeg na 'n tydperk waar die driedimensionele drukker (3D-drukker) in ons skuur die trekkeronderdeel binne 'n paar minute sal sny sonder dat ons dae of selfs maande daarvoor op bestelling moet wag nie. Die nuwe generasie se aanvaarding van tegnologie en bereidwilligheid om dit te implementeer en te bemark, maak dit 'n beduidende spelbreker.

Wat wel belangrik is, is dat ons as jong boere moet besef dat ons eers die ou konsep van boerdery en manier van boer moet optimaliseer, verstaan én erken, voordat ons nuwe konsepte van tegnologie kan implementeer.

Skep geleenthede

Dus moet ons moeite doen om geleenthede te skep waar daar doeltreffende wisselwerking tussen die twee landbou generasies sal wees, sodat beide generasies by hierdie transformasie sal baat en sodat die landbou sal kan groei en aanpasbaar sal kan wees vir die veranderinge wat die toekoms vir ons inhou.

'n Ander faktor wat 'n uiters belangrike rol gaan speel in die vorming van die toekoms van landbou is leierskap. “Ek bedoel nie net van individuele leiers wat vir ons sektor moet opstaan nie, ek wil dit wyer vat en sê dat die landbou die leiersektor in die ekonomie moet wees. Ons wil hê dat die landbou, die “game changer” in Suid-Afrika se ekonomie sal wees want ons het die kennis, die vaardighede en ons het beslis die landbouleiers om dit te kan bereik.

“Oor die beeld van die landbou lê harde werk voor. Huidige negatiwiteit oor die landbou en landbouvooruitsigte skep allermins vertroue by ons jeug.

Werkgewers se verantwoordelikheid

“Ons het ook 'n morele verantwoordelikheid as werkgewer. Elke landbouer sal 'n leier en gemeenskapskepper moet wees. Ja ons sal moet uitreik, betrokke wees en gemeenskappe moet help ophef.

“Grondhervorming gaan ook 'n groot uitdaging wees en ons sal opnuut planne moet maak, moontlik op ons eie plase met ons eie mense, wat kan bydra tot die sukses van ons eie besigheid. Daarmee saam sal ons moet voorsien in 'n waardige lewenstandaard aan ons eie personeel wat ook ons menswaardigheid as landbouers nooit in gedrang sal bring nie.

“Ons het al baie mense hoor sê die ‘jeug van vandag’ en verwys na 'n negatiewe konnotasie. “Ek is opgewonde oor die jeug. Daar is potensiaal, sterk waardesisteme, dryfkrag, belangstelling in tegnologie en vernuwing. Ons moet hul belangstelling prikkel en die landbou 'n aantreklike beroepsrigting maak. Hulle het 'n rol om te speel en 'n verskil om te maak.

“Dan vra ek myself die vraag: Wie besit die toekoms? My antwoord is: Wie anders as ons wat vandag hier sit”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.9%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.19
+0.9%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,059.56
+0.8%
Platinum
864.12
+1.3%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,283
-0.0%
Alle aandele
63,681
+0.1%
Hulpbronne 10
56,020
-0.4%
Industriële 25
79,604
+0.1%
Finansiële 15
14,041
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot