
Sy was ’n spreker op die internasionale federasie van landboujoernaliste (IFAJ) se jaarkongres in Nederland.
“Uiteraard moet die landbou oor die jare heen homself verbeter. Dit is ’n selfonderhoudende entiteit wat ook homself kritiseer, net soos die wetenskap.”
Sy meen wel dat die landboubedryf meer doen as net kos produseer. “ ’n Paar jaar gelede het farmaseutiese produkte, materiale, en vele ander produkte ook uit die landbou gekom. Maar deesdae word net kos met die landbou vereenselwig. Die toekoms van die landbou strek egter baie weier as kos.”
’n Sirkelentiteit
Fresco meen dat die landbouvoedselketting op ’n ander manier gebruik moet word, veral omdat sowat 40% van produkte wat internasionaal vervaardig word, vermors word. Volgens Fresco moet dié afval op so ’n manier vervaardig word dat dit weer in die voedselketting herwin kan word.
In armer lande gaan voedsel verlore weens verliese tydens oestyd weens rotte of siektes wat die voedsel kan besoedel, of in ryker lande waar te veel voedsel aangekoop en groot hoeveelhede nie gebruik word nie. “Dit moet ophou. Sowat 30% van die afval uit die landbouvoedselketting veroorsaak sowat 12% van die koolsuurgas. Dit kan met ten minste 6% verminder word. Ons kan dit regkry as ons aan die landbou dink as nie ’n ketting nie, maar ’n sirkelentiteit. Produktiwiteit kan verbeter word as ons net seker maak dat afval herwin word,” sê Fresco.
Die Universiteit van Wageningen vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar, derhalwe is die kongres daar aangebied. Fresco sê nadat die universiteit gestig is, is ’n groot behoefte geïdentifiseer om die landbou se praktiese probleme te verstaan. “Ons skryf ons sukses dus daaraan toe dat ons nog altyd op probleme konsentreer wat boere in die praktyk ervaar. Van die begin af is ons doelwit om vas te stel hoe ons dit vir boere makliker kan maak om te boer.”
Die Nederlandse ambassade in Suid-Afrika het ’n joernalis van Landbouweekblad geborg om die IFAJ-kongres in Nederland by te woon.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.