AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Landbou-uitvoer storm voort te midde van pandemie

akkreditasie
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Landbou-uitvoer het goed presteer gedurende die eerste twee kwartale van 2021.

Die prestasie van landbou-uitvoer vir die eerste twee kwartale van 2021 bewys die veerkragtigheid van die sektor ten spyte van uitdagings weens die voortslepende covid-19-pandemie, sê mnr. Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid.

Makube sê die landbousektor kon aangaan met sy bedrywighede gedurende die verskeie inperkingsperiodes aangesien dit as ’n noodsaaklike diens gesien is. Die weer het ook saamgespeel, wat gelei het tot rekordoeste vir die meeste kommoditeite. Die graan- en oliesaadoes het op ’n jaargrondslag met 2% tot 17,07 miljoen ton gegroei.

Ten spyte van logistieke probleme het die landbousektor daarin geslaag om groot hoeveelhede produkte uit te voer. Volgens Makube is ’n handelsurplus van $1,5 miljard in die tweede kwartaal vanjaar behaal danksy ’n 36%-toename in totale landbou-uitvoer ter waarde van $3,2 miljard gedurende die tweede kwartaal vanjaar. Dit is 40% meer vergeleke met die ooreenstemmende periode verlede jaar.

Danksy hierdie toename het die landbousektor gedurende die eerste twee kwartale vanjaar produkte ter waarde van $6,1 miljard uitgevoer, wat 30% hoër op ’n jaargrondslag is.

SITRUS

Volgens Makube het veral die uitvoer van sitrus gedurende die twee kwartaal vanjaar eksponensieel toegeneem toe 817 023 ton uitgevoer is. Dit is ’n 1,6%-toename op ’n jaargrondslag. Altesame 852 964 ton sitrus is in die eerste twee kwartale vanjaar uitgevoer, ’n 0,7%-toename op ’n  jaargrondslag.

Die gesondheidsvoordele van sitrus wat te midde van die pandemie die sterk vraag in uitvoermarkte tot gevolg gehad het, het volgens Makube dié groei gesteun.

Die inkomste met die uitvoer van sitrus was gedurende die tweede kwartaal $626 585, ’n 14,2%-toename op ’n jaargrondslag, terwyl dit in die eerste kwartaal $655 946 was, ’n 12,2%-toename op ’n jaargrondslag.Gedurende die eerste twee kwartale is onderskeidelik 20,6% en 19,8% van die totale uitvoer na Nederland verskeep.

Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging se nuutste vooruitskatting is dat daar vanjaar 155 miljoen kartonhouers uitgevoer word, vergeleke met 150 miljoen kartonhouers wat verlede jaar uitgevoer is.

Die gesamentlike uitvoer van pomelos, suurlemoene en sagtesitrus vir die eerste 30 weke van die jaar is onderskeidelik 15% (14,64 miljoen kartonhouers), 1% (21,77 miljoen kartonhouers) en 9% (16,01 miljoen kartonhouers) meer vergeleke met verlede jaar.Daar is ook reeds vanjaar 5% (23,54 miljoen kartonhouers) meer appels as verlede jaar uitgevoer.

NEUTE

Volgens Makube was daar in die kategorie vir ander neute, vars of gedroog en met of sonder doppe (uitsluitend kokosneute en Brasiliaanse neute) ’n skerp toename in uitvoer van 414% tot 11 635 ton gedurende die tweede kwartaal. Die totale hoeveelheid uitgevoer gedurende die eerste helfte van 2021 was 13 897 ton.

Dit is egter 10% minder as in die ooreenstemmende periode verlede jaar. Makube sê dit is weens die moeilike handelsomgewing en gedempte vraag uit China.

Hoewel Chinese invoer van Suid-Afrikaanse neute in hierdie kategorie in die tweede kwartaal hoër was, is dit volgens Makube steeds 15% laer vergeleke met die ooreenstemmende periode verlede jaar. Die kumulatiewe totaal van neute wat China ingevoer het, was gedurende die eerste twee kwartale vanjaar 13% (13 987 ton) laer vergeleke met die ooreenstemmende periode verlede jaar. Dit het ’n 14%-daling ($109,7 miljoen) in inkomste op ’n jaargrondslag tot gevolg gehad.

Makadamianeute het 58% (6,701 ton) van die totale uitvoer in die tweede kwartaal opgemaak en 49% (6,784 ton) van die totale uitvoer vir die jaar tot Junie. Inkomste vir die uitvoer van makadamianeute het met 4% ($38,49 miljoen) op ’n jaargrondslag gedaal.

VLEIS

Vleisuitvoer het gedurende die tweede kwartaal vanjaar met 86% vergeleke met die vorige kwartaal en 96% vergeleke met die vorige jaar tot 46 650 ton toegeneem. Daar is vanjaar tot Junie 71 707 ton vleis uitgevoer, 46% meer as die ooreenstemmende periode verlede jaar.

Volgens Makube is 50% van die vleis gedurende die tweede kwartaal en 34% gedurende die eerste helfte van die jaar na Koeweit uitgevoer.

Weens die 6%-versterking van die rand in die tweede kwartaal, het die waarde van vleisuitvoer met 0,1% tot $67,51 miljoen gedaal. Dit is egter volgens Makube steeds 10% hoër vergeleke met die ooreenstemmende periode verlede jaar. Die totale waarde van vleisuitvoer vir die eerste helfte van die jaar was $135,11 miljoen, 8% hoër as verlede jaar.

Van die vleis wat uitgevoer is, was onderskeidelik 55% in die eerste kwartaal en 41% in die tweede kwartaal beesvleis.

Makube sê die landbousektor kan nog ’n goeie seisoen verwag as die voorspellings vir nog ’n La Niña-jaar realiseer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot