AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Landbou verloor ‘vader van vleiswetenskap’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Raymond Naudé. Foto: Verskaf deur EYEscape.co.za
Dr. Raymond Naudé. Foto: Verskaf deur EYEscape.co.za
Die vleisbedryf moes onlangs afskeid neem van dr. Raymond Naudé (88), ’n merkwaardige wetenskaplike wat bekend gestaan het as die “vader van vleiswetenskap” en op 2 Oktober oorlede is. Sy begrafnisdiens was gister.

Naudé het op sy dag onder meer die vleisnavorsingslaboratorium by die Landbounavorsingsraad (LNR) se instituut vir diereproduksie gevestig, 132 wetenskaplike publikasies en 108 ander die lig laat sien en hy was die mentor van 10 doktorgraadstudente en 15 studente met meestersgrade wat sy werk voortgesit het.

Twee van sy oud PhD-studente, prof. Hettie Schönfeldt (verbonde aan die Unversiteit van Pretoria) en prof. Phillip Strydom (verbonde aan Universiteit Stellenbosch), sê hy was ’n bedrewe kommunikator en navorser wat by uitstek sy kennis as ’n mentor met ander kon deel. “Selfs toe hy by die LNR bevorder is van direkteur van die instituut vir diereproduksie tot ondervoorsitter van die raad het hy steeds betrokke gebly by sy ‘eerste liefde’: die vleisnavorsingsentrum by Irene.”

Naudé is gebore en het grootgeword in Krugersdorp en het sy die graad BScAgric aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Later het hy die graad MSc cum laude onder prof. Jan Bonsma verwerf. Sy doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria het in 1974 gevolg oor intensiewe vleisproduksie by melkbeeste.

Hy het ook in die buiteland by onder meer die landbou-instituut in Dublin, Ierland, en die vleisnavorsingsinstituut in Bristol, Engeland , gewerk, sowel as wetenskaplike bedrywighede in Frankryk, Duitsland, Denemarke en Finland bygewoon. By sy terugkeer na Suid-Afrika het hy sy ervaring ingespan om die vleisnavorsingslaboratorium by die instituut vir diere- en suiwelproduksie by Irene te begin.

Hy het met verloop van tyd met talle buitelandse vleisnavorsingsinstelling saamgewerk en hy het ook verskeie internasionale sowel as nasionale toekennings verwerf, wat ingesluit het ’n toekenning as uitnemende buitelandse student van ’n universiteite-verenignig in Amerika en die Jan Hofmeyr-toekenning vir buitengewone dienste binne die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf. Hy was ook in 1986 Landbouskrywers SA se nasionale Landboukundige van die Jaar.

Schönfeldt, wat later self ook die Landboukundige van die Jaar was, sê hy was ’n rolmodel en vriend vir almal in die bedryf. Hy het gereeld met nuwe konsepte vorendag gekom het en was werklik die vader van vleiswetenskap in Suid-Afrika. “Hy het aan ons as jong studente ’n veilige hawe gebied en riglyne verskaf oor waardes, eerlikheid, verbintenisse, harde werk en ’n toekomsvisie.” – Nico van Burick

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot