AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Landbou vind sy stem by ‘teleurstellende’ COP27

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Hoewel die onlangse COP27-klimaatsberaad by Sharm el-Sheikh in Egipte onthou sal word vir ’n paar belangrike beginselsbesluite, meen kenners die besluite wat daar geneem is, was ontoereikend.

Die meeste ontleders sal die afgelope COP27-klimaatsberaad van die Verenigde Nasies (VN) in Egipte onthou daarvoor dat alle onderhandelende partye uiteindelik ingestem het tot ’n verlies- en skadevergoedingsfonds vir ontwikkelende lande wat klimaatsverandering se impak aan eie lyf voel. Dit was egter ook die eerste COP waarop die landbou- en voedselsektor daadwerklik op die voorgrond was.

Talle verwante inisiatiewe is goedgekeur. Dit sluit in:

• Die VN se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) het gesê dit sal teen COP28 in November 2023 ’n padkaart en mikpunte bekend stel om die globale voedselstelsel in ooreenstemming te bring met die Parys-ooreenkoms, voedselsekerheid, bekostigbaarheid en die natuur. Kragtens die Parys-ooreenkoms het lande hulle verbind daartoe om die gemiddelde wêreldwye temperatuurstyging tot 1,5 °C teen 2030 te beperk, vegeleke met metings voor industrialisasie. Só ’n sektorwye analise bestaan nog nie.

• ’n Formele VN-gedrewe werksprogram vir die volgende vier jaar is aangekondig. Dit sal ook konsentreer op die toepassing van oplossings in die landboubedryf, ter ondersteuning van voedselsekerheid. Dit spruit uit die werk wat sedert 2017 gedoen is rondom die Koronivia Joint Work on Agriculture – die enigste formele agendapunt wat al ooit verskyn het op die VN se raamwerkverdrag oor klimaatsverandering.

Vir mnr. Janse Rabie, uitvoerende beampte vir wetgewing en beleid by Agri SA en lid van die Suid-Afrikaanse presidensiële klimaatskommissie, is hierdie van die belangrikste uitkomste van COP27.

Agri SA het die konsep daaragter ondersteun via die streekswye en internasionale groeperinge waarvan dit deel is.

Me. Barbara Creecy, Suid-Afrika se minister van bosbou, visserye en omgewingsake, het op ’n mediakonferensie ná COP27 gesê die landbougedrewe werksprogram is belangrik, omdat voedselsekerheid deur toenemende klimaatsverandering in gedrang kom.

Sy sê in Suid-Afrika sal aanpassings rondom veranderde weerstoestande veral die klem moet lê op landbouproduksie-opsies wat minder waterintensief is, op die rehabilitasie van grond en koolstofneerlegging in die grond. 

Finansiering

Volgens Rabie is Agri SA geken in die ondertekening van ’n memorandum van verstandhouding tussen die VN se nywerheidsontwikkelingsorganisasie en CAMCO, ’n Britse ontwikkelingsfinansiersingsinstelling.

Luidens ’n verklaring daaroor sal die inisiatief finansiering en beleggings rondom aanpassingsopsies rondom klimaatsverandering in die Suider-Afrikaanse landbousektor wesenlik uitbrei en aanmoedig sodat die nodige kapasiteit daarvoor gebou kan word. Dit sal help sorg vir beleggings deur die private sektor in klimaatslim landbou.

Ook ten opsigte van klimaatsfinansiering in die landbou- en voedselstelsels het mnr. Abdel Fattah El-Sisi, die Egiptiese president, die stigting van die Food and Agriculture for Sustainable Transformation-fonds (FAST) aangekondig. Die VLO en ander VN-agentskappe sal dit bestuur. 

Omgewingsvriendelike inisiatiewe

Landbouverwante drukgroepe het ook by COP27-sygeleenthede inisiatiewe bekend gestel.

• Die organisasie Compassion in World Farming het onder meer ’n wêreldwye petisie van stapel gestuur genaamd “End of the Line for Factory Farming”.

• Veertien van die wêreld se grootste landboukommoditeits- en handelsmaatskappye het planne voorgelê oor hoe hulle ontbossing van woude sal verminder, en eerder op reeds skoongemaakte grond sal boer. Ontbossing het ’n wesenlike invloed op globale verwarming.

Mnr. Mauricio Voivodic, uitvoerende direkteur van WWF-Brazil, het gesê die beesvleis- en palmoliebedryf se planne is goed vir die omgewing is, maar nie dié van sojaboerdery nie.

“Ten minste het die maatskappye uiteindelik erken dat hulle die vernietiging van ekostelsels in hul voorsieningskettings moet uitskakel.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot