AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Landboulex vra nie 'blanko tjek'

Landboulex, die private maatskappy wat probeer om genoeg stemme onder aandeelhouers van Senwes te werf sodat die huidige direksie vervang kan word, is nie voornemens om Senwes te kaap of oor te neem nie. Die meerderheid van die direksie sal uit boere en bestaande aandeelhouers van dié maatskappy bestaan. Daar word dus nie 'n "blanko tjek" gevra om die maatskappy oor te neem nie.

Só het mnr. Philip du Toit, 'n direkteur van Landboulex en regsverteenwoordiger van die onderneming, aan Landbouweekblad gesê. Hy het gesê dié maatskappy het besluit om betrokke te raak nadat boere wat aandeelhouers van Senwes is, begin navraag doen het oor regshulp omdat hul ledebates by Senwes uitgeput is deur futiele beleggings van die direksie.

Só byvoorbeeld het lede se belang van R850 miljoen tot sowat R15 miljoen gekrimp sedert die omskakeling van Senwes na 'n maatskappy, het mnr. Du Toit gesê. Die R700 miljoen wat gebruik is om die maatskappy se skuld aan die konsortium van banke terug te betaal, kom inderdaad uit ledefondse.

Voorts het hy gesê Senwes se gemiddelde wins vir die vyf jaar vanaf 1993 tot 1997 was R107 miljoen per jaar. In 1998 was dit R97 miljoen en in 1999 R7 miljoen toe die nuwe direksie oorgeneem het. Daarna was die verlies R114 miljoen in 2000, R468 miljoen in 2001 en R58 miljoen vir die ses maande van die boekjaar tot 31 Oktober 2001.

Hy sê dit dui daarop dat die omdraaiproses nie plaasvind nie en vandaar boere se kommer oor Senwes.

Mnr. Johan Dique, uitvoerende hoof van Senwes, hou tans 'n reeks vergaderings om aandeelhouers oor die vordering van die omdraaiproses in te lig.

Hy het gesê Kolosus se pad van verlies is omgedraai, terwyl Senwesko Voere se verliese die afgelope tyd in wins omgeskep is. Country Bird behoort ook in die huidige boekjaar 'n wins te toon. Swak presterende nywerheidsfiliale, waaronder Continental Oil Mills, Heinz Frozen Foods, die sitruspakhuis en die motoronderneming is verkoop, terwyl die hondekosaanleg gesluit is.

Voorts toon die begrotings vir die nuwe finansiële jaar wat pas begin het, 'n aantreklike wins wat reeds ekonomiese waarde skep, het mnr. Dique gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot