Weervooruitsigte vir die huidige saaiseisoen toon ’n groot waarskynlikheid vir ondergemiddelde reënval in Angola se sentrale graanproduserende provinsies en in die suide, wat twee droë landbouseisoene agtereenvolgens en lae opbrengste beleef het.
Ondanks reën in Oktober en vroeg in November is grondvogvlakke laag. Boonop is saadbeskikbaarheid laag, luidens die Voedsel-en-landbouorganisasie van die Verenigde Nasies
Omgewingsaktiviste is bekommerd dat die einde van ’n moratorium op houtkappery in die turfmoeras in die Kongo-kom dié grond onherstelbaar kan beskadig, en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se deel van die tweede grootste reënwoud ter wêreld kan bedreig.