Die Afrika-ontwikkelingsbank het $10 miljoen (R153 miljoen) uit die Green Climate Fund beskikbaargestel waarmee Liberië sy klimaat-inligtingstelsel kan verbeter.
As deel van die vyfjaarprojek sal ’n weerradar op die Roberts-internasionale lughawe opgerig word, asook onbemande moniteringstelsels in die boonste deel van die atmosfeer.
Dit sal help om ’n nasionale vroeë waarskuwingstelsel vir potensiële ramptoestande te vestig. — Afrika-ontwikkelingsbank