Vrugteprys-inflasie het in Desember met 14,9% gestyg weens die groot vraag en lae voorraad wat met die mees onlangse hoogtepunt van covid-19-besmettings gepaardgegaan het.
Die landboubank van Namibië (Agribank) wys daarop dat slegs 4% van die vrugte wat in Namibië verbruik word, plaaslik verbou word. Belegging in vrugteproduksie is dus deurslaggewend vir diversifikasie.
Vleispryse het oor dieselfde tydperk met 11,8% gestyg weens betreklik min bemarkbare diere, en hoendervleispryse het met 21,4% gestyg.