Keniaanse boere is die eerste wat baat vind by ’n program van die Verenigde Nasies (VN) om tabak met gesonder gewasse te vervang. Dit is deel van die VN se pogings om ’n einde aan tabakverslawing te bring.
Tot dusver het boere 135 ton bone aan die wêreld-voedselprogram van die VN verkoop, en volgens die VN meer daarmee verdien as vir tabak.
Die alternatiewe gewasse is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie omgewingsvriendeliker en minder afhanklik van kinderarbeid, wat die maatskaplike vooruitsigte van tabakboere se kinders verbeter.