Die Zimbabwiese regering het begin om ongebruikte grond terug te vat van begunstigdes van die land se omstrede grondhervormingsprogram 20 jaar gelede.
Mnr. Anxious Masuka, minister van landbou, sê die grond sal hertoegewys word aan voornemende boere op ’n waglys wat uit vorige rondtes van grondhervorming dateer. “Zimbabwe het beperkte geografiese ruimte.
Ons het 99% van die grond toegewys, en grond wat ek tans aan diegene op die waglys gee, is grond wat ek van swartes neem en aan swartes teruggee.” Masuka sê die regering sal nie produktiewe plase terugvat nie.