Marokko verwag om 53% van sy graanoes te verloor weens die ergste droogte in dekades. Mnr. Mohammed Sadiki, die minister van landbou, het gesê boere het sowat 3,5 miljoen ha grane gesaai, waarvan 44% sagtekoring, 24% hardekoring en 32% hars was.
Slegs 21% van die aanplantings was in goeie toestand en 16% gemiddeld. Luidens die Amerikaanse departement van landbou het graanproduksie met 60% gedaal. Jaarlikse koringverbruik is nagenoeg 10,5 ton per jaar en produksie van net 2,2 miljoen ton word verwag.
Erge hongersnood staar nagenoeg 13 miljoen mense in die Horing van Afrika in die gesig weens volgehoue droogtetoestande, volgens die Verenigde Nasies.