’n Skema waaronder boere wat naby woude woon, woudgrond by die staat huur, het onwettige houtstropery laat afneem. Die boere onderneem ook om bome te plant en só die hoeveelheid Keniaanse grond onder bome te laat toeneem.
Die regering wil boombedekking van 7% na 10% opstoot teen die einde van die jaar. Boere wat in die woude werk, dien as afskrikmiddel vir houtstropers omdat gemeenskappe ekstra geld maak uit hul woudgrond. Hulle is dus minder geneë om saam te werk met diegene wat inheemse bome wil stroop.
Tomato Jos Farming and Processing Limited, ’n voedselmaatskappy, het onlangs sy eerste produk aan die Nigeriese mark bekend gestel. Tomato Jos-tamatiepasta word in ’n multimiljardrand-verwerkingsaanleg in die Kaduna-deelstaat gemaak, op 500 ha wat van die staat gehuur word.