Wintergraanboere was teen druktyd onseker hoe hulle met produksie sou kon voortgaan ná die regering ’n tydelike verbod op banklenings geplaas het.
Sommige boere kon reeds begin plant omdat hulle finansiering gekry het voor die verbod afgekondig is, maar met die optimale plantseisoen wat op 15 Mei tot ’n einde sou kom, was daar talle boere wat nie sou kon voortgaan met produksie nie.
Voedselmaatskappye in Nigerië en die Kongo is onder dié wat weens hoër graanpryse en afhanklikheid van ingevoerde kommoditeite uit Rusland en Oekraïne nou met ander gewasse eksperimenteer. Nestlé Nigeria het onder meer sorghum en sojabone in sy gewilde Golden Morn-ontbytgraan begin gebruik.