Die regering dreig om die graanbemarkingsraad in staat te stel om op mielies beslag te lê omdat boere sedert 1 April nog net 5 000 ton aan die raad gelewer het. Boere is weens lae pryse nie gretig om hul mielies te lewer nie. ’n Ton mielies se prys is op 75 000 Zimbabiese dollar vasgestel, minder as 180 Amerikaanse dollar (R2 810), vergeleke met streekspryse van rondom 310 Amerikaanse dollar (R4 839).
Die regering het ’n verbod op die uitvoer van mielies, rys, sojabone en ander grane tot September vanjaar verleng. Dit is in September 2021 ingestel om voedselsekerheid te verseker en plaaslike produksie van pluimvee en lewende hawe te bevorder.
Sommige boere is ontevrede oor die verlenging en sê hulle sou buite Ghana beter pryse vir hul produkte gekry het. Die regering van Uganda het hoë tariewe ingestel op die uitvoer van voedselprodukte soos mielies, sojabone, rys en koring.