Die Algeriese owerhede is gekritiseer oor sy hantering van drie bek-en-klouseer-uitbrekings in die noordooste van die land wat einde Maart by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) aangemeld is. Die derde voorval was 200 km van die eerste twee, wat volgens veeartse dui op lakse rampbestuur.
Daar was drie maande vantevore ’n uitbreking in die naburige Tunisië. Kommer heers oor hoe maklik die siekte grense oorsteek. ’n Uitbreking in Libië in 2020 is verbind met ’n stam wat sy oorsprong suid van die Sahara het.
Boere dring aan dat die prys aan produsente vir hul mielies verhoog word tot $390/t (sowat R6 000/t), wat die verkrygingsprys was in 2018 voor die plaaslike geldeenheid ingestel is. Boere het onlangs ’n aanbod waarvan 30% in Amerikaanse dollar uitbetaal sou word, van die hand gewys.