Ethiopië se vleisuitvoerbedryf het in die eerste 11 maande van die belastingjaar $110 miljoen (R1,7 miljard) verdien, $31 miljoen (R495 miljoen) meer as die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.
Die Ethiopiese landbou-agentskap raam die land het die potensiaal om 300 000 ton vleis ter waarde van tot $1,5 miljard (R24 miljard) per jaar uit te voer, maar dan moet teelprogramme verbeter en marktoegang uitbrei.
Ethiopië het die grootste lewendehawebevolking in Afrika, met 65 miljoen beeste, 40 miljoen skape, 51 miljoen bokke, 8 miljoen kamele en 49 miljoen hoenders.