Die Namibiese Landbou-unie het onlangs saam met die land se universiteit van wetenskap en tegnologie ’n opname begin oor veediefstal, wildstropery en konflik tussen mense en diere om die ware ekonomiese impak daarvan, asook verliese vanweë roofdiere, te bepaal.
Die landbou-unies van opkomende en hervestigde boere neem ook aan die studie deel. Die bevindings van die studie word vroeg in Oktober bekend gemaak.
Die Keniaanse meulenaarsvereniging en die landbouministerie het ’n ooreenkoms onderteken wat die maksimum kleinhandelprys vir ’n pak mieliemeel van 2 kg stel by Sh100 (R14,23).