Mnr. Abdel Fattah al-Sisi, die president van Egipte, het onlangs beveel dat elektrisiteitsprojekte wat nasionale landbouprojekte bedien, so gou as moontlik voltooi moet word. Die doelwit van die land se strategie vir volhoubare energie is om 42% van die land se energiekapasiteit só op te wek.
Van dié projekte sluit in grondreklamasie in Sinai en die Nuwe Delta. Daar is ook planne om elektrisiteitsverbindings met buurlande se netwerke te maak, vernaam Saoedi-Arabië, Griekeland en Siprus.
Twee weke ná pres. Uhuru Kenyatta ’n subsidie ingestel het om die kleinhandelprys van mieliemeel te verlaag, was dié stapelvoedsel in die meeste winkels uitverkoop, en winkels wat dit wel nog in voorraad gehad het, het dit vir meer as dubbel Kenyatta se teikenprys van Sh100 vir 2 kg verhandel.