Dr. Anxious Masuka, Zimbabwiese minister van landbou, het aangekondig dat die departement tien hommeltuie gekoop het wat toegerus is met kameras om te help om voëls en ander plae op te spoor wat gesaaides vreet.
Hy sê die hommeltuie kan tot 100 km ver vlieg om die “opwelling voëls, plae en siektes te bestry”, veral kweleas. Die regering is volgens hom ook besig om provinsiale rampsentrums tot stand te bring om van sulke plae ontslae te raak.
Die water in die Osunrivier, wat deur die “heilige” woud Osun-Osogbo, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, vloei, is só erg besoedel deur chemikalieë van onwettige goudmyners, riool en ander onwettige rommelstorting dat die owerheid in beheer van die Osun-paleis inwoners gemaan het om nie die rivierwater te drink nie.