Weens hemelhoë inflasie beskou baie mense dit nou as veiliger om hul geld in beeste as in banke te belê. In Junie was die inflasiekoers 192%. Silverback Asset Managers se effektetrustfonds Mombe Mari is op beeste gegrond.
Mnr. Ted Edwards, uitvoerende hoof, het aan Deutsche Welle gesê die batebestuurder “het in wese beeste in eenhede in ’n trustfonds verenig, as ’n manier om belegging na die beesbedryf te lok.”
Die Namibiese departement van landbou het ’n verbod geplaas op die invoer van hoendervleis uit Spanje weens ’n uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep daar. Gaar pluimveeprodukte vir kommersiële gebruik kan steeds met ’n veterinêre permit ingevoer word.