Die Amerikaanse departement van landbou verwag dat Marokko se produksie van veral nartjies en mandaryne in die 2021-’22-produksiejaar 13% hoër sal wees as die vorige jaar, lemoene 11% hoër en lemmetjies 2% hoër, met produksie van onderskeidelik 1,36 miljoen ton, 1,15 miljoen ton en 45 000 ton.
Die styging word toegeskryf aan gunstige produksietoestande en ’n toename in aangeplante hektare. Na verwagting sal die land 500 000 ton nartjies en mandaryne uitvoer (8% meer as die vorige jaar) en 25% meer lemoene, oftewel 120 000 ton.
Die kleinhandelprys van mielies het binne ’n jaar verdubbel, en akademici maan die nuwe regering van mnr. William Ruto om dringende stappe te doen om voedselonsekerheid weens ’n kombinasie van pandemieverwante ontwrigtings, ’n rekorddroogte en die oorlog in Oekraïne.