AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Landbousektor gee BBP ’n hupstoot

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die landbousektor het bygedra tot sterker as verwagte groei in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) gedurende vanjaar se tweede kwartaal.

Ekonomiese groei was gedurende vanjaar se tweede kwartaal volgens Statistieke SA se nuutste syfers sterker as verwag danksy sterk winste in die vervoersektor, persoonlike dienste en landbousektor wat met onderskeidelik 6,9%, 2,5% en 6,2% toegeneem het, sê mnr. Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid.

Statistieke SA het die BBP-syfers vir vanjaar se tweede kwartaal gister (Dinsdag 7 September) bekend gemaak. Die toename in die landbousektor se winste verteenwoordig ’n bydrae van 0,2% tot die BBP.

Makube sê algehele groei was in die tweede kwartaal 1,2%, vergeleke met 1% in die eerste kwartaal. Ten spyte van die covid-19-pandemie wat voortduur en die probleme wat daarmee gepaard gaan, het die landbousektor veerkragtig gebly en ’n groot bydrae daartoe gelewer danksy groot somergraan- en oliesaadopbrengste, goeie kommoditeitspryse, hoë vertroue in landboubesighede en sterk uitvoer.

Volgens hom het Suid-Afrika se landbousektor ’n handelsurplus van $1,5 miljoen in die tweede kwartaal behaal, 40% meer vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Dit volg op ’n 36%-toename op ’n jaargrondslag in totale landbou-uitvoer tot $3,2 miljard gedurende vanjaar se tweede kwartaal. Dit bring die totale waarde van landbou-uitvoer gedurende die eerste helfte van die jaar op $6,1 miljard, 30% hoër vergeleke met verlede jaar.

Die oorhoofs goeie uitvoerinkomste is onderskraag deur sterk uitvoervraag ten spyte van die versterking van die randwisselkoers met 6% in die tweede kwartaal vanjaar. Dit is 21% hoër vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe die rand teen R14,09 teen die dollar verhandel het.

Makube sê nog ’n goeie landboujaar lê voor as onlangse weervoorspellings van nog ’n La Niña-jaar, wat gemiddelde tot bogemiddelde reënval tot gevolg kan hê, gedurende die volgende somerseisoen realiseer. “Dit, tesame met relatief sterk kommoditeitspryse ten spyte van druk op insetkoste behoort Suid-Afrika van nog ’n goeie landboujaar te verseker, asook goeie nuus oor inflasie.”

Mnr. Kulani Siweya, landbou-ekonoom van Agri SA, sê veral ’n toename in akkerbou-, tuinbou- en diereproduksie het tot die landbousektor se groei in BBP bygedra. Dit is te verwagte aangesien daar gewoonlik ’n toename in landboubedrywighede gedurende die tweede kwartaal van die jaar is. ’n Groot deel van die landbousektor se BBP is gekonsentreer in akkerbou.

Mnr. Nicol Jansen, Agri SA se hoof van ekonomie en handel, sê die oesseisoen vir somergewasse begin gewoonlik in Mei, of April in die geval van vroeë oeste. Aanplantings volg ná die eerste reën van die seisoen, normaalweg vanaf Oktober tot Januarie.

“Wintergewasse word hoofsaaklik in die tweede kwartaal van die jaar aangeplant. Hoewel die oes nie besonder groot is vergeleke met die someroes nie, word wintergewasse gewoonlik in die derde en vierde kwartaal van die jaar geoes. Hierdie syfers sal later vanjaar bekend gemaak word. Hierdie seisoenale faktore is onderliggend aan die toename in BBP vir die sektor.”

Hy sê die syfers vir die tweede kwartaal kan veral toegeskryf word aan vanjaar se optimistiese oesskattings. “Diereproduksie, wat nadelig geraak is deur droogtetoestande in sommige dele van die land en siektes in ander dele, het begin herstel namate kuddes herbou word. Indien gunstige weerpatrone en die afwesigheid van siektes voortduur, kan ’n gunstige uitkoms in die komende kwartale verwag word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.64
-0.2%
Silwer
20.65
-0.1%
Palladium
2,276.50
+0.7%
Platinum
931.00
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,262
-0.3%
Alle aandele
65,658
-0.3%
Hulpbronne 10
63,190
-0.1%
Industriële 25
79,721
-0.4%
Finansiële 15
14,004
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot