AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landbousektor krimp in 2022

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Die plaaslike landbousektor het met meer as 10% in die eerste ses maande van die jaar ingekrimp, maar nie omdat dié sektor swak vertoon nie.

Luidens die verslag waarin die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) vervat is, het die landbousektor in die eerste ses maande van 2022 met 13,3% ingekrimp teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die nasionale tesourie sê wel die verwagte inkrimping vir 2022 word toegeskryf aan ’n terugkeer na normale uitsette ná twee jaar se uitnemende groei in die sektor.

“Oor die afgelope twee jaar het hoër wêreldwye kommoditeitspryse uitvoer- en fiskale inkomste ’n hupstoot gegee en só Suid-Afrika se herstel van die covid-19-krisis ondersteun,” volgens mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies.

Storms aan die broei

Godongwana het Woensdag gesê die ondersteunende wêreldwye toestande wat ekonomiese herstel in 2021 aangewakker het, is egter besig om te kwyn. “Met storms aan die broei oral ter wêreld is dit belangrik dat ontwikkelende ekonomieë, soos Suid-Afrika, hulle begin staal vir moeilike tye.”

Wêreldwye inflasie styg skerp, die voortslepende tekortkominge in internasionale voorsieningskettings word deur die oorlog tussen Rusland en Oekraïne vererger en China se ekonomiese groei is minder as verwag.

In die tesourie se verslag oor die MTBR word gewaarsku die oorlog tussen Rusland en Oekraïne bly daarom steeds ’n risiko vir die Suid-Afrikaanse landbou aangesien die konflik ’n oorsaak is van stygende insetkoste van veral dierevoer en kunsmis.

Godongwana verwag Suid-Afrika se ekonomie kan oor die volgende drie jaar met gemiddeld 1,6% groei. “Dié vlak van groei is te stadig om ons ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Ons moet daarom stappe doen om ons ekonomie vinniger te laat herstel.”

Die groei in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) word nou geskat op 1,9% vir 2022 teenoor 2,1% wat in die Februarie-begroting geskat is.

“Plaaslike skokke wat Suid-Afrika vanjaar getref het, soos beurtkrag, die vloedskade in April en die onlangse Transnet-staking, het ook ekonomiese groei en vertroue ’n knou toegedien.”

Daar is wel goeie nuus aangesien die tesourie ’n primêre begrotingsoorskot (wanneer inkomste meer is as nie-rente-uitgawes) van 0,7% vir die volgende boekjaar (2023-’24) verwag.

Invoer versus uitvoer

Die tesourie verwag Suid-Afrika se kommoditeitspryse kan in 2023 verswak. Die impak van beperkings op bedrywighede weens logistieke probleme en kragvoorsiening gaan die groei in volume van uitvoer ook beperk. Die verlangsaming in die Suid-Afrikaanse bedrywighede sal ook druk plaas op die volume van invoer.

Landbou-uitvoer het ten spyte van die probleme, struikelblokke en die EU-beperkings op sitrus in die tesourie se huidige boekjaar aanhou groei.

Luidens die verslag verswak Suid-Afrika se handelsurplus egter steeds omdat die waarde van ingevoerde goedere dié van uitvoer oortref.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot