AFGRI
BEAN
02 Des
-
9279,6
-85,40
CORN
02 Des
-
4553,4
3,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10810
-76,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5090
-37,00
YMAZ
02 Des
-
4943,2
-15,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Landbouskrywers wys streeksfinaliste aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die streekskandidate vir die Landbouskrywers SA Noord is op ’n geleentheid in Pretoria amptelik aangekondig.

Die kandidate is deur Landbouskrywers-lede benoem in die afdelings Boer van Jaar, Landboukundige van die Jaar en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou.

Vir die nasionale toekennings ding hulle mee teen die kandidate van die !Xariep-streek (Noord-, Oos- en Wes-Kaap).

Boer van die Jaar

Die organisasie se Noord-streek se kandidate vir Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar-toekenning is die ALS Groep Agri-afdeling van KwaZulu-Natal, Mockford Farms van Limpopo en mnr. Danie Bester van Mpumalanga.

Me. Liza Bohlmann, voorsitter van die Noord-streek sowel as die nasionale liggaam van die Landbouskrywers SA, het gesê die toekenning konsentreer op volhoubaarheid in die landboubedryf.

“Die beoordelaars sal op nasionale vlak meer spesifiek kyk na aspekte soos biologiese produktiwiteit, risikobestuur, bestuur van natuurlike hulpbronne, ekonomiese stabiliteit en die maatskaplike rol wat die boerdery in sy gemeenskap speel. Leierskap in die bedryf en bestuursvaardighede en besluite wat verder bydra tot volhoubaarheid, kom ook onder die vergrootglas.”

Landboukundige van die Jaar

In die afdeling vir Landboukundige van die Jaar is die klem vanjaar spesifiek op landbouvoorligters. “Dit is die mense in die bedryf wat raad gee, navorsing op ’n verstaanbare manier deel, opleiding gee en ook self navorsing doen om spesialis-raadgewers te wees. Produsente maak staat op die kennis en praktiese raad van die kenners se voorligting om beter besluite in hulle boerderye te neem,” het Bohlmann gesê.

Die Noord-streek het vanjaar drie kandidate vir Landboukundige van die Jaar benoem. Mnr. Pieter Bruwer van Mpumalanga werk by Langfontein Seeds, Wakkerstroom, as landbouvoorligter en landboukundige. Langfontein Seeds behoort aan mnr. BP Greyling, ’n voormalige nasionale Boer van die Jaar.

Mnr. Martiens du Plessis van Noordwes is hoof van presisieboerdery by NWK waar hy verantwoordelik is vir die funksies van presisieboerdery, grondkundige advies en geografiese inligtingstelsels (GIS). Du Plessis is ook raadslid van die South African Journal for Plant & Soil Sciences, die raad van die Grondkundevereniging van Suid-Afrika en die plant- en grondwetenskapkomitee van Suider-Afrika, die Grondkundevereniging van Suid-Afrika en die Hortologievereniging van Suid-Afrika.

Mnr. Rick Kleyn is die stigter van Spesfeed, ’n voedingsadviesmaatskappy wat in 1989 gestig is om professionele voedingsdienste aan veeprodusente en die veevoerbedryf te verskaf. Kleyn het die boek Chicken Nutrition: A guide for nutritionists and poultry professionals in 2013 uitgegee, terwyl sy tweede boek, Broiler Nutrition: Masterclass, in 2020 uitgegee is.

Nuwe toetreder tot kommersiële landbou

Die afdeling vir Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou het een kandidaat opgelewer. “Die klem val op boere wat die sprong van bestaansboer na kleinskaalse boer en van daar na kommersiële produsent oor die afeglope 10 jaar gemaak het en wat reeds sukses op verskeie vlakke behaal het en steeds vooruit boer,” het Bohlmann gesê.

Vanjaar se Noord-streek kandidaat vir Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou is mnr. Kobela Mokgohloa van Korema-plaas, wat in die Winterveldt-landbouhoewes geleë is. Mokgohloa produseer komkommers.

Die nasionale Landbouskrywers SA-geleentheid word vanjaar op 11 November op Nampopark by Bothaville aangebied.

* Sittende op die foto (v.l.n.r) mnr. Danie Bester, Mpumalanga Boer van die Jaar, me. Liza Bohlmann, streeks- en nasionale voorsitter van Landbouskrywers SA, mnr. Shaun Mockford, Mockford Farms en Limpopo Boer van die Jaar, me. Nicolene Smalman, Kommunikasiespesialis by NWK en mnr. Pieter Bruwer, Mpumalanga Landboukundige van die Jaar.

Staande is (v.l.n.r) mnr. Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder vir Suider-Afrika by New Holland, mnr. Kobela Mokgohloa, Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar, mnr. Martiens du Plessis, Noordwes Landboukundige van die Jaar, me. me. Natasha Snyman van Chemunique, me. Robyn Joubert van Chemunique, mnr. Thys Joubert jr, direkteur van ALS Boerdery wat as KwaZulu-Natalse Boer van die Jaar aangewys is en mnr. Thys van Zijl, finansiële direkteur by Rijk Zwaan Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
+0.7%
Rand - Pond
21.41
+0.4%
Rand - Euro
18.38
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,802.28
-0.0%
Silwer
22.75
-0.0%
Palladium
1,923.67
-1.1%
Platinum
1,042.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,259
-0.9%
Alle aandele
74,384
-0.9%
Hulpbronne 10
74,195
-2.4%
Industriële 25
91,695
-0.5%
Finansiële 15
15,371
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot