AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Landbouvennote neem hande met gemeenskappe

akkreditasie
Hier verduidelik mnr. Kobus Hurter van AgricultSURE aan gemeenskapslede die fynere detail van groenteboerdery. Foto: Verskaf
Hier verduidelik mnr. Kobus Hurter van AgricultSURE aan gemeenskapslede die fynere detail van groenteboerdery. Foto: Verskaf
’n Vennootskap tussen ’n organisasie sonder winsoogmerk, ’n landbou-insetmaatskappy en ’n hele aantal boere verander stilweg die lot van verskeie gemeenskappe wat hard deur die Covid-pandemie geslaan is.

Die organisasie Betereinders, tesame met Laeveld Agrochem en mnr. Kobus Hurter van die landboukonsultasiemaatskappy AgricultSURE, het ’n projek begin waar mense in informele nedersettings met klein stukkies grond groentesaadpakke ontvang waarmee hulle genoeg voedsel vir hulself en vir die mark kan produseer. Op hierdie manier wil die organisasies help om die nood van hierdie gemeenskappe te help verlig.

“Die ekonomie is hard gedurende die Covid-pandemie geslaan,” sê mnr. Johan Erasmus, direkteur van Betereinders. “Talle mense het gevolglik hul werk verloor en behoeftig geword. Die staat van inperking het veral die kwesbaarste gemeenskappe getref. Talle van hierdie mense het amper oornag in kleinskaalboere verander, net om voedsel op die tafel te kan sit.

“Hoewel die inperking tot groot finansiële probleme gelei het, het dit ook ’n geleentheid geskep om met ons nuwe kleinskaalboere in plakkerskampe en in die plattelandse gebiede te skakel ten einde hulle te help om hulle eie groente te verbou.”

Dit is waar die gedagte vandaan gekom het om aan gemeenskappe saadpakke te verskaf, sê hy. “Ons het aanvanklik kospakkies in hierdie gemeenskappe uitgedeel. Nadat gemeenskapsleiers ons gevra het of ons saad kan uitdeel aangesien dit veel meer volhoubaar as ’n kospakkie is, het ons met die samewerking van ’n paar vennote onsself begin toespits op die ontwikkeling van nuwe toetreders tot landbou, op ’n baie klein skaal, wat uiteindelik nie net vir hulself sal kan voedsel produseer nie, maar wat ook genoeg kan produseer om te verkoop en só ’n ekstra inkomste te kan verdien.”

betereinders
Die saadpak-projek wat deur Betereinders, ’n organisasie sonder winsoogmerk, begin is, werk saam met die landbou-insetmaatskappy Laeveld Agrochem om landelike gemeenskappe, asook gemeenskappe in informele nedersettings, te help om hul eie groente te verbou, vir huishoudelike gebruik en vir die mark. Foto: Verskaf
betereinders
Hier verduidelik mnr. Kobus Hurter van AgricultSURE aan gemeenskapslede die fynere detail van groenteboerdery. Foto: Verskaf
betereinders
Die saadpak-projek wat deur Betereinders, ’n organisasie sonder winsoogmerk, begin is, werk saam met die landbou-insetmaatskappy Laeveld Agrochem om landelike gemeenskappe, asook gemeenskappe in informele nedersettings, te help om hul eie groente te verbou, vir huishoudelike gebruik en vir die mark. Foto: Verskaf

Mnr. Corné Liebenberg, direkteur van Laeveld Agrochem, sê die projek se hoofbeginsel is om iemand nie bloot ’n vis te gee nie, maar om hom of haar te leer visvang.

“Die saadpakke pas perfek by die gedagte in. Elke pak bevat vyf tipes groente, ’n spasiëringstou, ’n liniaal, kunsmis en ’n handleiding. Tesame hiermee help mnr. Kobus Hurter van AgricultSURE met opleiding om gemeenskapslede by te staan, nie net die fisieke kweek van groente nie, maar ook markontwikkeling en goeie finansiële bestuur om hulle te help om op die ou einde ’n volhoubare besigheid uit hul stukkie grond te skep.”

Verskeidenheid

’n Verskeidenheid van groente soorte word op die stukkie grond verbou sodat 'n groter spektrum van noodsaaklike voedingstowwe vir huishoudings beskikbaar kan wees as bykomonde voeding saam met die normale stysel gebaseerde dieet.

Hy sê Hurter, wat reeds 15 jaar lank met soortgelyke projekte betrokke is, verfyn voortdurend die soorte groente in die pakke om pakke te verskaf wat in sommige areas meer rypbestand is, of dalk meer siekteverdraagsaam. Sodoende word die saadpakke al hoe doeltreffender om gemeenskappe te help ophef.

Erasmus sê kommersiële boere gee ook leiding aan die nuwe boere. “Ons is nog net bemoedig deur die projek. Boere help graag en wanneer ons vra, help hulle met opleiding, wat natuurlik markte insluit. Ons help vennootskappe skep, maar vir ons gaan dit ook oor voedselsekerheid en menswaardigheid. Wat ons sien, is dat die meeste mense wil saamwerk. Dit is hierdie tipe verhoudings wat ons wil bou deur opleidingsgeleenthede te skep waar kommersiële boere en kleiner boere kan skouers skuur.”

Kontak die Betereinders per e-pos by admin@betereinders.co.za vir nog inligting rondom die projek of om ’n skenking te maak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekker kos met lekker wyn
Saggeaard rustig, hou van kamp en buitelewe. Stokperdjie is radio amateur. Wil nie baklei en argimenteer nie. Ek gaan graag met my motorhome kamp op afgelee plekke. Ek is...
I was made for you
God het my n liefdevolle en unieke vrou gemaak. Hy het my glimlag gemaak uit sonlig my n hart van goud gegee. Ek Wil lewe, lag en gelukkig wees. Altyd Baie liefde om uit te deel...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot