AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landbouverwerking kan hongersnood in Afrika beëindig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tot 17,2% van die wêreld se bevolking het nie gereelde toegang tot voedsame, gesonde kos nie, aldus die Verenigde Nasies se jaarlikse verslag oor voedselsekerheid en voeding wat onlangs in Rome bekend gestel is. Foto: Vida Booysen
Tot 17,2% van die wêreld se bevolking het nie gereelde toegang tot voedsame, gesonde kos nie, aldus die Verenigde Nasies se jaarlikse verslag oor voedselsekerheid en voeding wat onlangs in Rome bekend gestel is. Foto: Vida Booysen
Landbouverwerking kan ekonomiese groei reg oor Afrika ’n hupstoot gee, armoede halveer en moontlik hongersnood teen 2025 beëindig, word in ’n nuwe verslag bevind.

Dié verslag is saamgestel deur ReSAKSS, ’n navorsingsorganisasie van Suider-Afrika, en konsentreer op belangrike ontwikkelinge en aanbevelings vir landbouverwerking. Die verslag lê veral klem op die snelle veranderinge in Afrika se voedselstelsel. Waardekettings word meer kompleks en hoëwaardevoedselprodukte maak ’n al hoe groter gedeelte van verbruikers se diëte uit.

Die verslag is bekend gestel op ReSAKSS se konferensie wat van 25 tot 27 Oktober in Harare, Zimbabwe, gehou is.

Luidens die verslag is Afrika ’n netto invoerder van voedsel, veral verwerkte voedsel. Dubbel soveel verwerkte voedsel as onverwerkte voedsel word tussen Afrikalande verhandel.

Die ontwikkeling van Afrika se ontluikende verwerkingsektor word deur verskeie hindernisse belemmer, onder meer beperkte toegang tot finansiering, swak infrastruktuur en ’n tekort aan vaardighede.

Dr. Ousmane Badiane, uitvoerende voorsitter van die navorsingsorganisasie sonder winsoogmerk AKADEMIYA2063, het gesê terwyl landbouverwerking kleinhoewe-boere met groeiende stedelike voedselmarkte verbind, moet dié sektor mededingend wees indien plaaslike produsente hul markaandeel in Afrika se stygende vraag na voedsel wil opeis.

Doeltreffende beleide vir die verwerkingsektor moet volgens haar die middelpunt van toekomstige strategieë vir kleinskaalse landbou en landelike ontwikkeling vorm.

Dr. Anxious Masuka, Zimbabwe se minister van grond, landbou, visserye, water en landelike ontwikkeling, sê landbouverwerking in Afrika het aansienlike, onontginde potensiaal om groter welvaart en sekerheid vir die vasteland se kleinhoewe-boere te skep en terselfdertyd die hoeveelheid ingevoerde voedsel te verminder.

Transformasie ontsluit nuwe markte

Luidens die verslag sal Afrika se landbouverwerking in die vraag na produkte met toegevoegde waarde kan voorsien mits die sektor meer steun ontvang. Daar is bevind dat giersgras omskep is van ’n stapelgewas tot ’n premieproduk danksy die toenemende verwerking daarvan.

Dié transformasie het nuwe markte vir kleinskaalse giersgras-produsente en ’n ommeswaai in dalende verbruik in veral ryker stedelike huishoudings teweeg gebring. Bykans 30% van die hoërinkomsteverbruikers in Senegal eet nou giersgras teenoor 32% wat ingevoerde rys eet.

Die verslag lê klem op die potensiaal van gewasse soos tamaties, wat vir kleinhoewes geskik is en in verskeie produkte verwerk kan word. Luidens die verslag kan beter produksie- en verwerkingspraktyke opbrengste aansienlik verhoog, buitenseisoense tamatieproduksie verbeter en kleinhoewe-boere se inkomste verbeter.

Me. Josefa Leonel Correia Sacko, die Afrika-unie se kommissaris van landbou, landelike ontwikkeling, akwakultuur en volhoubare ontwikkeling, het gesê met die regte beleide gegrond op wetenskaplike bewyse kan Afrika se ontluikende voedselverwerkingsektor groei tot voordeel van kleinhoewe-boere, verbruikers en ekonomiese ontwikkeling reg oor die vasteland.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot