
Dit is tyd om die gelukkige wenners van Landbouweekblad se Jagtyd-intekenaarkompetisie aan te kondig!
Die wenners het almal vir twee jaar teen 20%-korting op Landbouweekblad ingeteken. Vir slegs R55 per maand ontvang hulle die beste landboutydskrif in Afrika! Nuwe intekenaars het ook ’n Biltong Tjom-mes ontvang (terwyl voorraad gehou het.)
Meer as R50 000 se pryse is deur African Outdoor Sports geborg. Dit pryse is onder meer SAKO, Tikka- en Howa-jaggewere en Hatsan-windbukse.
Die wenners van die intekenare Dis JAGTYD-kompetisie is:
MP van Lill van Durbanville het ? SAKO 85 geweer gewen ter waarde van R25000.
Gawie Pistorius van Brackenfell het ? Tikka T3 ter waarde van R17500 gewen.
Jolandi Barnard van Vanderbijlpark het ? Howa Hogue ter waarde van R9000 gewen.
AM Norval van Parys het ? HATSAN mod 70 windbuks ter waarde van R1295 gewen.
RL van Rooyen van Dewetsdorp het ook ? HATSAN mod 70 windbuks ter waarde van R1295 gewen.
Wees op die uitkyk vir ons volgende intekenaarkompetisie, waar daar weer opwindende pryse weggee sal word!