AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landelike veiligheid kry aandag - Mthethwa

Landelike veiligheid is terug op die Regering se voorranglys, maar die polisie het hulp van plattelandse gemeenskappe nodig, aldus mnr. Nathi Mthethwa.

Landelike veiligheid is terug op die Regering se voorranglys, maar die polisie het hulp van plattelandse gemeenskappe nodig, het mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, gister op ’n vergadering met boere van Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl gesê.


Mthethwa, wat die vergadering op versoek van mnr. Beyers Truter van Beyerskloof toegespreek het en vrae van boere beantwoord het, het gesê daar is altyd mense in elke gemeenskap wat weet wie misdaad pleeg. Dié mense word gevra om na vore te kom. “Die polisie moet sy werk doen, maar die gemeenskap moet ook sý deel doen.”


Genl. Arno Lamoer, provinsiale kommissaris van polisie in die Wes-Kaap, het gesê dis belangrik dat polisiebeamptes nader aan gemeenskappe beweeg. “Polisiebeamptes is nie sigbaar as hulle in ’n polisievoertuig rondry nie; hulle moet uitklim en kontak maak met die mense in die gebied wat hulle patrolleer.


Hy het die inisiatief van Stellenbosse boere om ’n landelike veiligheidskomitee met die samewerking van bestaande veiligheidsdienste tot stand te bring, geloof as ’n goeie praktyk wat uitgebrei moet word. Hy het gewonder hoe die polisie daarby inpas.


“Dit beteken nie veel as die gemeenskap in veiligheid belê, maar die staat lewer nie ’n bydrae nie.”


Behalwe die moord op mnr. Alberto Costa wat die plaasgemeenskap van Stellenbosch in Februarie geskok het, is boere ook die slagoffers van vele “kleiner” misdaadvoorvalle, soos vrugtediefstal en diefstal van koperdraad en ander metale, wat groot skade aan gewasse veroorsaak en boere duisende rande uit die sak jaag.


Boere is redelik moedeloos met dié klein jakkalsies en die voortdurende onderbemanning van polisiestasies. Mnr. Jan Boland Coetzee van Vriesenhof het Mthethwa gevra hoekom die grootliks misdaadvrye toestande wat gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi geheers het, nie nou voortgesit kan word nie, en bygevoeg dat die klomp kleiner misdade wat gedurig plaasvind, boere heeltemaal uitput.


“Hoeveel pomphuise kan enige boer bekostig? Ons weet net nie meer wat om te doen nie.”


Mthethwa het gesê hulle het vele lesse oor misdaadvoorkoming gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi geleer. Verder lyk voorvalle van metaaldiefstal nie na geïsoleerde gebeure nie, maar na georganiseerde misdaad wat goed beplan is.


Hy het ook gesê hulle is besig om die grense tussen polisiegebiede af te breek sodat die polisie mense kan help waar hulle nodig is. Aan die einde van die vergadering het me. Annalize van Wyk, parlementslid, die boere belowe dat hulle oor ses weke ’n terugvoervergadering sal hou.


11 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+0.8%
Rand - Pond
20.94
+0.4%
Rand - Euro
18.06
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,778.03
+0.4%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,851.50
+0.0%
Platinum
1,002.50
+1.2%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Bok vir Sports ....nie sommer iets wat ek nie sal try nie
Ek is n opwindende mensie wat glad nie kan of wil stilsit nie. enige iets wat buite die huis gedoen kan word is ek game voor. lank genoeg toe gesluit gewees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot