
Landbouweekblad stel met trots ons Africanfarming.com-projek bekend. Africanfarming.com is ’n Engelstalige aanlyn-gemeenskapspublikasie met ’n webblad, ’n mobi-blad en ook ’n teenwoordigheid op Facebook en Twitter.
Hoewel dié aanlynpublikasie toeganklik sal wees vir enige internetgebruiker, sal dit wat redaksionele inhoud en advertensies betref aanvanklik op die Zambiese landbougemeenskap gerig wees. Die visie is om binne die afsienbare toekoms na die res van die SAOG-lande uit te brei.
Groeipunt van landbou in suidelike AfrikaZambië is tans die groeipunt van kommersiële landbou in suidelike Afrika danksy ’n stabiele politieke klimaat, die beskikbaarheid van vrugbare grond (minder as 20% van Zambië se beskikbare landbougrond word benut) en ’n uiters gunstige klimaat. Verskeie Suid-Afrikaanse landbouers, van familieboerderye tot op korporatiewe vlak, is reeds in Zambië betrokke. Nog ander het aangedui hulle oorweeg dit sterk om na Zambië uit te brei. Zambië blyk ook die eerste afsetpunt te wees vir Suid-Afrikaanse landbou-ondernemings wat dieper in Afrika betrokke wil raak.
Zambië het tans sowat 700 groot kommersiële boere, sowat 40 000 opkomende of kleinboere wat kommersieel aktief is, en tussen 400 000 en 600 000 bestaansboere. Sedert die ondergang van die staat se landbouvoorligting in Zambië, het ’n groot nood vir die kommunikasie van voorligtingsinligting ontstaan.
Boonop maak die groot afstande en ontoeganklike padstelsel dit baie moeilik vir voorligters en maatskappye om met al Zambië se boere te kommunikeer of om inligtig in te samel. Landbouweekblad sien hierin ’n geleentheid om ’n platform te skep om boere te bereik, veral deur die gebruik van ’n web-platform vir selfone.
Daaglikse landbounuus Africanfarming.com
Die webblad is in die laaste fase van ontwikkeling en verskeie afdelings het pas aktief geraak. Die volledige projek sal teen die begin van November 2016 op dreef wees.
* Vir meer inligting oor advertensies, kontak Rufus de Beer by 082 829 5592 of stuur e-pos aan rufus.debeer@media24.com
** Vir redaksionele inligting, kontak Ali van Wyk by 082 899 8821 of stuur e-pos aan ali@africanfarming.com