AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Leemtes rondom speenkalfinvoere

’n Gebrek aan mannekrag is een van die leemtes rondom speenkalfinvoer vanaf Namibië.

’n Gebrek aan mannekrag is een van die leemtes rondom speenkalfinvoer vanaf Namibië. Dít het onlangs duidelik geword op ’n vergadering tussen die Direktoraat Dieregesondheid van Suid-Afrika en die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) van Suid-Afrika oor grootskaalse probleme met speenkalfinvoer van Namibië.


Luidens die RPO se jongste nuusbrief, word die kalwers as slagdiere ingevoer maar glo onwettig plaaslik op veilings bemark.


Die kwessies


Die organisasie het verskeie kritieke punte ter tafel gelê wat volgens hom dringende aandag moet geniet. “Hoewel die regte stelsel bestaan om oorgrens-invoer te beheer, het die Nasionale Direktoraat: Dieregesondheid nie genoeg mannekrag beskikbaar om elke vragmotor met vee op die grens te kontroleer nie. Dit is die eerste kritieke punt van beheer,” sê die RPO.


Volgens die RPO is die tweede punt van beheer om seker te maak dat die diere wel by die betrokke slagplaas uitkom. “Vleisinspeksie-owerhede kan moontlik daarmee help. ’n Ander moontlikheid is om diere wat vir slagdoeleindes die land inkom, prominent te brandmerk.” Die vergadering het besluit dat die verskillende provinsies by dié inisiatief betrek moet word.


Grensheinings


Die RPO is bekommerd oor die toestand van grensheinings, veral die heining met Zimbabwe. Diere beweeg glo vryelik oor dié heining wat ernstige siektebedreigings inhou.


Dr. Dewald Keet, waarnemende direkteur van die nasionale Direktoraat Dieregesondheid, sê herstelwerk aan die grensheining aan die ooste- en westekant van Musina gaan binnekort begin, want dit is as ’n voorrangsaak geïdentifiseer. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is net verantwoordelik vir die veterinêre heining, terwyl die Weermag en Polisie verantwoordelik is vir die sekuriteit van die land.


Volgens Keet maak ’n tekort aan geld asook die diefstal en vandalisme van die heining dit al hoe moeiliker om veterinêre heinings in stand te hou.


3 Maart 2011


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot