
Boere en ander grondeienaars kan meer leer oor hoe om brande te bestuur by 'n kursus wat op Vrydag 25 Julie buite Bloemfontein aangebied word.
Kundiges soos prof. William Bond van die Suid-Afrikaanse aardwaarnemingsnetwerk (SAEON), mnr. Trevor Wilson van die Zululand-brandbeskermingsvereniging en Ross Goode van die Munyawana-wildreservaat, sal deelnemers aan die kursus, wat deur die Weidingsvereniging van Suid-Afrika aangebied word, toespreek.
Onderwerpe wat by die kursus behandel word, sluit onder meer in:
- Moontlike uitwerking van verandering op veldbrande in die grasvelde van Suid-Afrika,
- 'n Boer se siening oor voorgeskrewe brand in die Vrystaatse grasvelde,
- Die gebruik van vuur as 'n veldbestuurspraktyk,
- 'n Moontlike oplossing vir indringing van slangbos,
- Die beste voorbrandprosedures vir plase en wildreservate en
- Hoe om 'n brand te tipeer in terme van die tempo waarteen dit versprei en die intensiteit daarvan.
Die kursus word afgesluit met 'n praktiese demonstrasie. Dit word van 09:00 tot 16:30 by die Philip Sanders-konferensiesentrum, Verkeerdevleiweg, Bloemfontein, aangebied. Dit kos R500 per persoon. Mense wat die kursus wil bywoon, kan per e-pos registreer by congress@grassland.org.za of per sms by 083 256 7202.