
Talle toekomstige skaapboere het die behoefte om meer oor ’n veeras te leer, voordat hulle groot bedrae geld in teeldiere belê.
Dit is waarom die Bosveld-Dorperklub die ‘‘Weet voor jy koop’’-kursus saamgestel het om voornemende Dorper-boere, asook dié wat reeds skape het, in te lig oor die moets en moenies van die bedryf, waarvoor om op te let en wat om te vermy met die seleksie van diere wat op veilings en uit die hand te koop aangebied word.
’n Oudiovisuele aanbieding is deel van ’n teoretiese lesing, waarna met diere gewerk sal word om die rasstandaarde prakties te demonstreer. Belangrike eienskappe van die Dorper sal aangedui word en kursusgangers sal gewys word watter ideale nagestrewe of watter eienskappe eerder vermy moet word.
Die kursus word by die Pietersburg-veilingskrale aangebied op Woensdag, 9 November 2011.
Belangstellendes kan inskryf teen R250 per persoon, wat ’n ligte middagete insluit. All-gro-skaapvoerpille gaan bekend gestel word en daar sal ook verskeie uitstallings wees.
Kontak me. Leonie Kellermann by 082 267 1920 of mnr. De Wet van Wyk by 083 654 8869 vir meer inligting.
24 Oktober 2011