
Die kursus bied ‘n inleiding tot die toenemend populêre en produktiewe hoëdruk-weidingstelsel. Die kursus behandel die beginsels, praktyke en infrastruktuur benodig om hierdie stelsel te implementeer en te bestuur. Die dag sluit lesings met nota’s asook ‘n plaasbesoek waar hoëdruk-beweiding toegepas word in.
Mnr. Johann Zietsman, die aanbieder, is ‘n internasionaal bekende opleier en konsultant. Hy het self hoëdruk-beweiding in Zimbabwe toegepas en is grootliks verantwoordelik vir ‘n oplewing in hierdie weidingstelsel.
Die kursus word op 19 Julie in Afrikaans aangebied, en op 20 Julie is die kursustaal Engels. Al twee kursusse is by die Koro Creek Golf Landgoed by Modimolle, in Limpopo. Die kursus kos R850 per persoon en middagete is ingesluit.
Meer inligting en besprekings: E-pos info@alut.co.za of tel. 014 717 3819 (Jolene).