AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Leerstoele vir vleis, wyn by US

Nuwe benaderinge tot wyn en vleis sal deur twee nuwe leerstoele by die US ondersoek word.

Wetenskaplikes van die Universiteit van Stellenbosch (US) is onlangs as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) aangestel om leerstoele vir navorsing oor wyn en vleis te behartig. Dit is die 11de en 12de leerstoele waarvan kenners wat by die universiteit betrokke is, deel geword het.

Die SARChI Leerstoel vir Geïntegreerde Wynwetenskappe sal luidens ’n verklaring fokus op die ontwikkeling van ’n vernuwende benadering tot wynkunde. Prof. Florain Bauer, van die US se Instituut vir Wynbiotegnologie, sê hulle sal spesifiek fokus op gis en die gebruik van gis Saccharomyces cerevisiae – ’n wetenskaplike modelorganisme.

“Ons werk fokus spesifiek op die mikrobiologiese prosesse wat gebruik kan word in die bedryf om natuurlike middele soos druiwesap om te sit in waardetoegevoegde produkte soos wyn,” aldus Bauer.

Bauer is oorspronklik van Duitsland, en is reeds sedert 1993 ? navorser aan die US. Hy hou twee patente, een waarvan ? tegniek is om proteïentroebelheid in wyn te verhoed.

Omgewingsfaktore en vleis
Intussen is prof. Louw Hoffman van die US Departement Veekundige Wetenskappe, by die SARChI Leerstoel in Vleiswetenskappe: Genomika tot Nutrinomika aangestel. Deur middel van die leerstoel sal vleiswetenskaplikes van die US en die Universiteit van Fort Hare saamwerk om die impak van omgewingsfaktore op die gehalte van vars en verwerkte vleisprodukte te ondersoek.

Die studie sal spesifiek fokus op hoe die welstand van diere in terme van genomika en die omgewing die gehalte en voedingswaarde van vleis beïnvloed. “Landbouspesies, wilde diere, wilde voëls en verskeie visspesies sal ondersoek word,” aldus Hoffman. Hy is die enigste wetenskaplike ter wêreld wat navorsing doen oor die gehalte van wildsvleis uit Afrika.

Hoffman was onlangs betrokke by navorsing wat gelei het tot ’n parlemêntere ondersoek na die standaarde van die plaaslike vleisbedryf, veral rakende misleidende etikettering van produkte.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot