Jou onblusbare leeslus kan op Saterdag 3 September gevoed word met ’n spesiale aanbod van Media24 Weeklikse Tydskrifte.
Media24 Weeklikse Tydskrifte gaan op Saterdag 3 September ’n bemarkingsaksie loods in die 21 top-winkelsentrums in Suid-Afrika.
Elke persoon wat twee titels uit die Media24 Weeklikse Tydskrifte-stal koop en die bewysstrokie met sy of haar telefoonnommer en naam daarop aan een van ons verteenwoordigers in die inkopiesentrum wys, kan ’n gratis geskenk kies.
Die geskenke wissel van penne tot yskasnotaboekies tot reënstokke (“rainsticks”).Wat meer is, jy staan ’n kans (kom in aanmerking om) om een van twee iPads te wen!
’n Baie gelukkige paartjie kan ook ’n dubbelkaartjie na die Huisgenoot-musiekvaart van 9 – 12 Maart 2012 wen.
Die promosie gaan by die volgende winkelsentrums plaasvind is: Eastgate, Maponya Mall, Cresta, Langenhovenpark, Menlyn Park, Woodlands, Centurion Mall, V&A Waterfront, Canal Walk, Cavendish Square, Cape Gate, CTIA, Walmer Park Mall, East Rand Mall, OR Tambo International, Gateway, Pavilion, Loch Logan Waterfront, Worcester Mall, George Mall en Somerset Mall.
Die titels in die Media24 Weeklikse Tydskrifte-stal is Huisgenoot, Drum, YOU, NewsNow, NuusNou, tvplus, Tempo, Landbouweekblad, Farming SA, Heat, SA Jagter en Finweek.
1 September 2011