AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Leesgoed in kinders se moedertaal by poskantore te kry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die poskantoor en die organisasie Nal’ibali bring leesmateriaal vir kinders in nege tale na die uithoeke van Suid-Afrika. Foto: Verskaf
Die poskantoor en die organisasie Nal’ibali bring leesmateriaal vir kinders in nege tale na die uithoeke van Suid-Afrika. Foto: Verskaf
Vandag is internasionale moedertaaldag en in Suid-Afrika kan óók plaaskinders baat vind by ’n program om leesmateriaal in nege tale tot in die uithoeke van die land te bring.

Danksy die poskantoor se samewerking met die nie-regeringsinstelling Nal’ibali is dit moontlik vir kinders, leesklubs, skole en biblioteke om gratis leesmateriaal by 508 poskantore in Suid-Afrika te kry. Dis ’n reuse-uitbreiding nadat dit ’n jaar gelede by net 46 poskantore beskikbaar was. 

Die materiaal is in nege van die elf amptelike tale beskikbaar, wat strook met die doelstellings van internasionale moedertaaldag wat op 21 Februarie gevier word. 

“Teen die einde van 2021 kon Nal’ibali elke maand 309 000 leeskoerantjies deur die poskantoor versprei. Elke kopie het drie stories in – dis amper ’n miljoen stories per maand.  Ons het 2 279 leesklubs en 216 000 individuele kinders geraak,” sê me. Katie Huston, besturende direkteur by Nal’ibali.  “Ons kon dit regkry danksy die poskantoor se netwerk – almal weet daar is ’n poskantoor op elke dorpie.” 

Nal’ibali gebruik interaktiewe leeskoerantjies met illustrasies waarin kinders stories in hul moedertaal kan lees. Die koerantjie sal van Maart af ook in ’n tiende taal, Tshivenda, beskikbaar wees. 

Navorsing deur Nal’ibali het gevind dat die leeskoerantjies kinders, ouers en onderwysers help om die leesgewoonte te vestig.  Ouers en onderwysers het in die navorsing bevestig dat dit die kinders se leesvaardighede ontwikkel, en dit gee ouers en hulle kinders elke maand die geleentheid om gehaltetyd saam deur te bring. 

Verdere navorsing dui aan dat kinders wat in hul moedertaal leer lees, hulle eerste skooljare as makliker en lekkerder beleef. Hierdie kinders is ook meer by hul skoolwerk betrokke. Kinders wat gemaklik in hul moedertaal lees, leer vinniger en makliker ’n tweede taal. 

Om by Nal’ibali aan te sluit, stuur ’n mens bloot e-pos aan info@nalibali.org, en sluit die volgende in:

  • Die naam en poskode van jou plaaslike poskantoor;
  • Die naam van jou leesklub, skool of biblioteek;
  • ’n Selfoonnommer van die skool, leesklub of die individu wat aansluit. Die poskantoor stuur ’n SMS wanneer die koerantjies afgehaal kan word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot