
Geskrewe kommentaar rakende die voorgestelde regulasies wat bepaal dat die onttrekking van water vir besproeiingsdoeleindes beperk, gemonitor, gemeet en opgeneem word, moet voor 11 Maart ingedien word.
Me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, het reeds verlede jaar Desember die voorgestelde regulasies in terme van Afdeling 26 van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) in die Staatskoerant gepubliseer.
Die regulasies wil sien dat ’n beperking ingestel word teen die koers waarteen watter onttrek word, voorgeskrewe prosedures sal daargestel word, sekere magte sal aan owerhede gegee word en die regulasies sal ook oortredings definieer.
Die Waterwet vereis reeds dat watergebruikers die gebruik van water vanuit ’n waterbron monitor, meet en aanteken.
Wanneer ’n watergebruiker onder meer die koers oorskry waarteen hy water mag onttrek, of die daaglikse hoeveelheid water oorskry, nie sy watergebruik meet, nie watermeettoestelle installeer en rekord van sy watergebruik hou nie, kan die verbruiker ’n boete opgelê word of tot ’n maksimum van vyf jaar tronkstraf kry.