AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4787,8
-14,20
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10145
-65,00
WEAT
05 Okt
-
7198,8
29,80
WMAZ
05 Okt
-
4944
28,00
YMAZ
05 Okt
-
4865,2
9,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Libstar bly veerkragtig in moeilike mark

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Libstar se suiwelprodukte word onder die handelsnaam Lancewood bemark. Foto: Verskaf
Libstar se suiwelprodukte word onder die handelsnaam Lancewood bemark. Foto: Verskaf
Verbruikers draai hul sente al meer om.

Verbruikers, selfs dié in die hoër inkomstegroep, draai hul sente twee keer om en doen nie meer paniekaankope soos verlede jaar nie. Volgens Libstar, wat ’n wye verskeidenheid voedselprodukte en produkte vir huishoudelike en persoonlike sorg vervaardig, het die aanvraag in die eerste helfte van vanjaar teruggesak. Dis veral die verkope van produkte soos handreinigers en bleikmiddels wat deesdae afneem, toon Libstar se syfers vir die halfjaar tot einde Junie.

Die groep se inkomste het desondanks met 8,7% tot R5,1 miljard gestyg en is grootliks aangevuur deur die styging in die verkope van bederfbare produkte en kruideniersware. Libstar, met ’n goed gediversifiseerde portefeulje van meer as 9 000 produkte, onder meer versnaperinge (soos vrugtestafies), geriefskosse, speserye en suiwel-, vars en bakprodukte, se blootstelling aan verbruikers in die hoër inkomstegroepe het dié styging ondersteun, maar die groep sê in ’n verklaring dat verbruikers van alle inkomste-kategorieë se aanvraag na verbruikersgoedere gedemp geraak het en hy het in die tweede kwartaal ’n inkrimping in verkoopsvolumes opgemerk.

Die inkomste uit voedselkategorieë, wat tot 93% van die groep se inkomste lewer, het met 10,5% gestyg. Die groep se inkomste in die kategorie vir huishoudelike skoonmaak- en persoonlike sorgprodukte, wat 7% van die inkomste bydra, het met 9,6% gedaal en ’n wesensverlies van R15 miljoen aangeteken. In sy verklaring sê die groep dit lyk asof mense handreininger en bleikmiddel opgegaar het en nou minder daarvan aankoop.

Meer as 300 nuwe produkte

Libstar trek wel voordeel uit veranderings in verbruikspatrone en het in die oorsigtydperk 316 nuwe of opgeknapte produkte bekend gestel. Hy vervaardig ook heelwat van die produkte sonder handelsnaam wat deur supermarkgroepe verkoop word, en dié produkte raak nou gewilder onder alle inkomstegroepe.

Libstar se diverse produkaanbieding het hom ook in ’n mate gehelp om groter kostedruk te kon absorbeer, maar volgens mnr. Andries van Rensburg, Libstar se uitvoerende hoof, is die internasionale styging in voedselinflasie iets wat die maatskappy bekommer. “Dis nie net, soos in 2011, ’n kortstondige afwyking nie, ontleders meen dis hierdie keer baie meer fundamenteel.”

In dié verband het Van Rensburg verwys na die prys wat die groep vir melk betaal het. Die prys het in die eerste ses maande van die boekjaar drie keer gestyg het, en in totaal met 20% gestyg het. Libstar se suiwelprodukte word onder die Lancewood-handelsmerk verkoop. Van Rensburg sê hoewel Libstar se bruto-marge onder druk gekom het, kon hy danksy besparing en groter doeltreffenheid sy wins verbeter. Dit kon hy regkry danksy die besteding van R150 miljoen om vernuwings in onder meer die kaasverpakking te doen, sy aanlegte te outomatiseer en sodoende groter volumes melk te verwerk. “Ons weet egter nie wanneer die volgende groot verhoging kom nie en hoe lank ons ons asem onder die water kan ophou, by wyse van spreke nie.”

Simpatie met melkprodusente

Hy het ook simpatie uitgespreek met melkprodusente wat diere moet voer te midde van reuse-stygings in die mielieprys. “Ek is nie ’n boer nie, maar ons is saam met die manne bekommerd oor die situasie.”

In die oorsigtydperk het Suid-Afrikaanse voedselinflasie op 6% te staan gekom, wat 1,8% hoër is as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Pryse van sleutelprodukte soos koring en soja het in dié tydperk aansienlik gestyg. Soos ander voedselprodusente moes Libstar heelwat van dié stygings absorbeer pleks daarvan om dit net so na verbruikers deur te gee. “Ons ervaar prysdruk op die oomblik en daarby is mededinging in die suiwelkleinhandel redelik agressief, maar ons maak planne soos wat ons aangaan.”

Die verkope van snoeperye, soos neute en vrugtestafies, het weens ’n trae aanvraag gedaal en inkomste in dié kategorie was 11% laer. Produkverkope aan die klein- en groothandel was in dié tydperk hoër en inkomste het met 12,9% toegeneem. Die groep skryf dit hoofsaaklik toe aan voortgesette sterk kleinhandelvraag, aangedryf deur tuisverbruik. In die afdeling vir bakprodukte, waar Libstar onder meer bakpoeier, gis en voedselkleursel vervaardig, het inkomste met 5,8% gestyg en verkoopsvolumes was ook 5% hoër.

Van Rensburg sê die groep se gedesentraliseerde sakemodel en sy kultuur van entrepreneurskap en innovering help hom om vlugvoetig te reageer wanneer verbruikers se gewoontes verander. “Ons is goed geposisioneer om die huidige ekonomiese klimaat te bowe te kom en die gedempte aanvraag aan te pak.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.2%
Rand - Pond
20.16
+0.3%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,718.05
-0.5%
Silwer
20.78
-1.4%
Palladium
2,314.50
-0.3%
Platinum
929.09
-0.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,919
+0.1%
Alle aandele
66,328
+0.0%
Hulpbronne 10
64,383
-0.3%
Industriële 25
80,159
+0.1%
Finansiële 15
14,129
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek beste maaitjie.
Hou van die buitelewe en hou van eerlike vriendkap. Hou om geheime te deel en saam lewe te geniet. Wil lewe geniet.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot