Só het regter Mpho Mamosebo op 16 Augustus in haar uitspraak bevind nadat sy op 5 Augustus in die hooggeregshof in Kimberley betoë van regspanne oor verskeie kwessies aangehoor het.
Ingevolge huidige wetgewing kan slegs ’n maatskappy wat in finansiële moeilikheid is, die hof om sakeredding nader, maar die opsie is nie vir individue of trusts beskikbaar nie.
Die ingewikkelde likwidasieproses van mnr. Carel van der Merwe, ’n boer wat op 80 000 ha om Van Wyksvlei met skape boer, sy trust en maatskappye wat die Land Bank meer as R80 miljoen skuld, het vroeër opspraak gemaak omdat die kurator/likwidateur se wagte wat Van der Merwe se bates moes oppas, by die verkeerde plaas opgedaag het.