AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Limpopo: Regering beurt voort met MSEZZ ondanks waarskuwings

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Niemand verstaan waterskaarste so goed soos boere nie.
Niemand verstaan waterskaarste so goed soos boere nie.
Alani Janeke
Limpopo se departement vir ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme het omgewingstoestemming gegee vir die voorbereiding van die terrein van ’n spesiale ekonomiese sone.

Die Musina-Makhado- spesiale ekonomiese sone (MMSEZ) sal in die Vhembe-gebied geleë wees, al wys impakstudies dat dit niks goeds vir die omgewing inhou nie.

Die toestemming wat die departement aan die Limpopo-ontwikkelingsagentskap verleen het, is vir die omheining van nege plase of gedeeltes van plase, om die terrein te ontbos en om dienste vir water, elektrisiteit en riool te installeer.

“Daar is soveel fout met hierdie proses dat ’n mens amper nie weet waaroor om eerste te appelleer nie,” sê mnr. Christo Rheeders, regsverteenwoordiger van ses van die applikante wat die ontwikkeling teenstaan.

Vir hom is die olifant in die vertrek die feit dat die Limpopo-ontwikkelingsagentskap die ontwikkelingsbeen van die departement is. Dit beteken die departement keur ’n aansoek goed wat uit sy eie geledere kom. “Waar in die wêreld kan dit as ’n onpartydige besluit vertrou word?”

Dan is daar die feit dat die omgewingspraktisyn, DeltaBEC, verlede jaar in sy impakstudieverslag vir terreinontwikkeling gewaarsku het dat die ontwikkelingsplanne byna niks gunstigs vir die omgewing inhou nie. Byna elke spesialisstudie in die omgewingsimpakstudie dui op katastrofiese gevolge vir die omgewing. Hoewel stappe gedoen kan word om die impak te versag, bly dit meestal ongunstig.

Met so ’n ongunstige verslag sou ’n mens verwag dit was die laaste woord oor die beoogde swaarnywerheidsgebied. Die aansoekproses se tydraamwerk sou op 19 Mei verstryk en daar was nie tyd vir verdere wysigings en die nodige openbare deelname nie. Na regte moes die Limpopo-ontwikkelingsagentskap ’n nuwe aansoek indien.

Die departement het die omgewingspraktisyn egter uitstel gegee tot 30 Oktober en DeltaBEC, wat die aanvanklike bevinding oor die projek se omgewingsimpak gemaak het, is met EnviroXcellence Service vervang.

Te min water

Die nuwe omgewingsimpakstudieverslag wat toe in September verlede jaar ingedien is, waarsku ook oor die impak op varswaterbronne in en om die ontwikkelingsgebied, en sê die meeste van die impak van die bou en bedryf van die MMSEZ is enorm met weinig ruimte vir mitigasie.

Die groot vraag op almal se lippe is: “Waar gaan die water vandaan kom?” Volgens die omgewingsimpakpraktisyn sal herwonne water aanvanklik vir die projek gebruik word. Dan sal grondwaterbronne gesoek word. Daar kan ook glo water van Zimbabwe af ingevoer word.

Die Zimbabwiese nasionale waterowerheid kan glo 30 miljoen kubieke meter water per jaar aan die projek afstaan uit die Zhove-dam in die Umzingwane-rivier, ’n vertakking van die Limpopo-rivier wat sowat 5 km wes van Beitbrug by die Limpopo aansluit. So ’n waterooreenkoms sal egter aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se protokol vir gemeenskaplike waterweë moet voldoen en onderhandelinge met die regering van Zimbabwe kan baie lank duur.

Die impakstudie se geïntegreerde waterdiensteverslag stem egter ooreen met die bevindinge van die Limpopo Water Management Area North Reconcilliation Strategy dat die Sand-opvangsgebied nie genoeg oppervlakwater het nie en dat die ondergrondse water reeds ten volle aan hoofsaaklik besproeiing toegewys is.

“Dit alles ignoreer die departement en keur die voorbereidingsfase goed vir ’n projek wat op steenkool geskoei is nadat China verlede jaar aangekondig het hy gaan wegdoen met steenkoolenergie, waarvoor daar nie water is nie en waarvan twee omgewingspraktisyns nou al erken het die impak nie voldoende gemitigeer kan word nie. Hoekom?” vra Rheeders.

Nou het mnr. Lehlogonolo Masoga, uitvoerende hoof van die MMSEZ, gesê die Chinese beleggers gaan Suid-Afrika se grootste sonkragaanleg pleks van ’n steenkoolkragsentrale op dié perseel bou, maar daarvoor sal daar ook eers omgewingstoestemming gekry moet word. Masoga erken daar is baie struikelblokke wat nog in die pad van hierdie ontwikkeling staan.

Ekonomie

Die departement meen die ontwikkeling sal, wanneer dit eendag plaasvind, groot ekonomiese geleenthede in Limpopo ontsluit en omtrent 51 000 werksgeleenthede in die provinsie skep.

In ’n beleidsdokument waarin die sentrum vir burgerskap die leemtes in volhoubaarheid van die MMSEZ ontleed, waarsku die skrywers egter dat sulke Chinese ontwikkelings spesifieke vaardighede verg en dus min langtermynwerksgeleenthede vir plaaslike mense skep. ’n Bedryfslisensie vir die sone is reeds in 2017 aan die Chinese maatskappy Schenzhen Hoi Mor toegeken.

Boonop het belangegroepe en landbou-organisasies reeds in 2020 aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gewys hoe die landbou 135 000 werksgeleenthede kan skep in die Vhembe-gebied waar die departement die MMSEZ wil ontwikkel.

Rheeder en sy kliënte is bekommerd dat die terreinontwikkeling niks meer as ’n slenter is om solank die weg te baan vir volgende omgewingsimpakstudies nie. Almal weet dat belangegroepe ’n sterk saak teen die beoogde ontwikkeling het, maar as die terrein klaar ontbos en omhein is, is dit makliker om omgewingstoestemming te kry op ’n terrein waarvan die natuur reeds beïnvloed is. “Ons is reeds besig met ons appèl,” sê Rheeders.

Appèl kan binne 20 werksdae vanaf 23 Februarie aangeteken word deur die appèlvorm hier af te laai, dit te voltooi en in te handig by die departement se kantoor in Polokwane.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+0.2%
Rand - Pond
21.13
+0.5%
Rand - Euro
18.88
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
967.43
-0.7%
Palladium
1,581.77
-1.1%
Goud
1,868.36
+0.0%
Silwer
22.20
-0.4%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,337
-0.2%
Alle aandele
79,417
-0.2%
Hulpbronne 10
74,490
+0.5%
Industriële 25
102,635
-0.5%
Finansiële 15
16,259
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot