
Ten spyte van die feit dat die provinsie histories deur 'n groot aantal grondeise geraak is, toon net drie distrikte in Limpopo dalende grondprysneigings.
Dié bevinding is gemaak in 'n ontleding van grondverkope van transaksies vir grond wat groter is as 10 ha vanaf Mei verlede jaar tot April vanjaar.
In dié provinsie was daar 543 ooreenkomste in 13 distrikte wat 230 723 ha teen R2,991 miljard behels het. Daarvan was 18% transaksies van kleur. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, regeringsaankope van landbougrond en grond verkry vir stedelike ontwikkeling. Dit het 12,8% van al die verhandelde hektare in Limpopo teen R387 miljoen (12,9% van die totale waarde) behels.
En elders...
In Gauteng was daar 511 transaksies wat 54 868 ha teen R7,069 miljard behels het. Daarvan was 130 (25,4%) ooreenkomste van kleur. Meer as 61% van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha.
Pryse in al die distrikte het gedaal. Altesame 404 transaksies in KwaZulu-Natal in 12 distrikte het grond van 123 905 ha teen R3,115 miljard behels. Daarvan was 32,4% transaksies van kleur. Sowat 27% van die transaksies was vir grond groter as 300 ha. Grondpryse presteer oorwegend gunstig, met dalende neiging by slegs drie distrikte.
Statistieke, soos bogenoemde, is vir ál die provinsies op Landbou.com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier. Dit behels:
¦Statistieke.
¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.
¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.
* Johann Bornman is voorsitter van Agri Development Solutions (ADS). Kontak Bornman by jchb@mweb.co.za.