AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Limpopo te platsak vir grondeise

Die departement van grondhervorming in Limpopo sal nie sy restitusie-doelwitte vir die volgende jaar kan bereik nie.

Boere in Limpopo is geskok oor die provinsiale grondeisekommissaris, Thele Maphoto, se onthulling dat die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling in die provinsie platsak is en nie sy restitusie-doelwitte vir die volgende jaar gaan bereik nie.

Maphoto het glo hierdie week in die provinsiale wetgewer in Lebowakgomo te kenne gegee dat slegs 1,5% van die 664 uitstaande grondeise in Limpopo oor die verloop van die volgende boekjaar afgehandel sal word. Vir meer is daar nie geld nie.

"Waar gaan die geld heen?" wou mnr. Phlippie de Beer, streekvoorsitter van TLU SA Noord, weet toe hy Woensdag van Maphoto se bekentenis te hore kom. "Daar word elke jaar miljoene vir grondhervorming begroot, maar daar is nooit geld om eise af te handel nie," het hy gesê.

Die begroting vir restitusie in Limpopo beloop R412 miljoen vir hierdie jaar en Maphoto meen daar is geen kans dat dit vergroot sal word nie.

De Beer sê hy glo daar moes al baie meer vordering met restitusie wees as mens kyk na die bedrae wat elke jaar begroot en bestee is. "Hoe is dit dat ons so min het om te wys? Bestee hulle dit op salarisse?"

Mnr. Willem van Jaarsveld, voorsitter van Agri Limpopo, sê hy is bly om te hoor die departement erken uiteindelik dat daar nie geld is vir hierdie grondeise nie. "Maar ons is diep bekommerd dat politici en amptenary nou eers agterkom dat hulle nie hul restitusie-drome kan bekostig nie."

Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die uitwerking wat dit gaan hê op die mense by wie daar die verwagting van grond geskep is. Boonop meen hy daar word nou nuwe verwagtings geskep met die heroopstel van die grondeiseproses. "Agri SA wou van die begin af weet hoe hierdie proses gefinansier gaan word."

Terwyl hy daarop wys dat boere die gevolge sal moet dra vir die politiekery rondom grond, sê Van Jaarsveld Agri SA gaan daadwerklike pogings aanwend om die situasie op die grond positief te hou. "Ons weet nie aldag presies hoe nie, maar ons sal alles doen wat ons kan."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
19.36
+0.1%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,629.15
-0.9%
Silwer
18.61
-1.4%
Palladium
2,048.38
-1.2%
Platinum
855.00
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot