Vanjaar se grootste struikelblok vir die sitrusbedryf gaan logistiek wees, sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse sitruskwekersvereniging (SKV). Dieselfde geld avokado’s en ander uitvoervrugtebedrywe.
Dis nie net Suid-Afrika se hawens wat uitvoer bemoeilik nie, maar ook binnelandse infrastruktuur. “Ons wil ’n groot deel van die padvervoer oorskuif na spoorvervoer toe.
Dit sal baie help om die druk op die padnetwerk te verlig en ook om die bedryf te verskans teen padversperrings tydens protesoptrede soos wat ons in Julie verlede jaar gesien het,” sê Chadwick.