AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Lone is doodskoot vir swart boere

Talle swart boere gaan die onderspit delf met die nuwe minimum lone - dit is die mening van swart boere self.

Die Regering moet nóú besluit of hy swart boere in die land wil hê, want volgende seisoen kan dalk te laat wees.

Só meen sommige swart boere met wie Landbouweekblad gepraat het nadat die minimum loon vir plaaswerkers met meer as 50% verhoog is.

Mnr. Ismail Motala, woordvoerder vir die Sagtevrugte-ontwikkelingskamer en ’n boer van die Witzenbergvallei, meen talle swart boere gaan nie tot die volgende seisoen oorleef nie. “Ons probeer boerderye opbou met geleende geld. Die loonverhoging is vir ons ’n doodskoot,” meen Motala.

Mnr. Gilbert Phalafala, ’n hoenderboer van Zeerust met 37 heeltydse werkers, meen hy het geen ander keuse as om sy verliese te bestuur en planne te beraam om te meganiseer nie. Volgens hom tree die Regering kortsigtig en sonder deeglike beplanning op. Motala stem saam.

Regering neem boere nie ernstig op
“Dit wil voorkom asof die Regering boere nie ernstig opneem as ons waarskuwings rig nie. Hy moet besluit of hy ons hier wil hê of nie,” sê Motala.

“Die Regering laat krimp die aantal belastingsbetalers daagliks. Die mense wat dus moet omsien na die werkloses, raak minder en die werkloses raak meer. Wat dink die Regering gaan uiteindelik gebeur?” vra Phalafala wanhopig.

Mnr. Mninawa Qotoyi, ’n boer van Ida, sê hoewel sy werkers byvoordele geniet, soos gratis behuising en melk en ook die reg om ’n paar beeste aan te hou, hy dit in die lig van die minimum lone moontlik sal moet hersien.

“Ek verwag dat my werkers se produktiwiteit in dieselfde mate as die lone moet styg omdat arbeidskoste reeds die grootste deel van my produksiekoste op die plaas verteenwoordig,” sê Qotoyi."

Swart boere in penarie
Mnr. Walter Williams, voorsitter van die Sagtevrugte-ontwikke lings kamer en ’n vrugteboer, sê die penarie waarin sommige swart boere hulself bevind, is dat lone, elektrisiteit, kunsmis en onderhoud nie wag tot die oes inkom voor dit betaal moet word nie.

“Ons sukkel dus met kontantvloei omdat ons boerderye nog klein is. Ons kan nie sulke onvoorsiene skokke absorbeer nie. Iewers sal die Regering ons moet help om kop bo water te hou. As hy ons kan help met grondstowwe en produksiekoste, dan staan ons ’n kans om gesonde boerderye te bou, werk te skep en armoede te verlig.”

“Ek hoor van baie opkomende boere wat meen hulle laaste oes hang nou aan die bome,” het Williams gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot