AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Loon sal aartappelboere knou

Die nuwe loon vir seisoenswerkers sal ’n gemiddelde aartappelplaas se arbeidskoste met R105 000 per jaar laat toeneem.

Aartappelboere gaan vanjaar nie net die druk van ’n nuwe minimum loon moet hanteer nie, maar ook hoër brandstof- en kragpryse moet absorbeer. Aartappel Suid-Afrika (ASA) het onlangs, in samewerking met die Buro vir Voedsel en Landboubeleid  (BFAP), navorsing gedoen oor die prysdruk op aartappelboere in 2013.
 
Dié navorsing het bewys dat ’n loonverhoging na R105 per dag vir seisoenale werkers ’n gemiddelde aartappelplaas se arbeidskoste met R105 000 per jaar laat toeneem. Dié berekening is gemaak op die aanname dat die betaling per dag van R84 tot R105 verhoog. Dít sluit verhogings aan heeltydse werkers in, en ook die aanname dat geen werkers afgedank word nie.
 
Dié scenario kan nou heel moontlik waar word met ’n nuwe minimum loon van R105 per dag wat vir seisoenswerkers aangekondig is.
 
Ander koste en winsgewendheid
Ander koste wat ook in die studie in ag geneem word, is die styging in kragtariewe en brandstof. Volgens prof. André Jooste, hoof uitvoerende beampte van ASA, het die prys van brandstof sedert die begin van verlede jaar met 40% gestyg. Dit verteenwoordig ’n styging van R340 000 in die gemiddelde aartappelplaas se brandstofrekening.
 
Jooste sê die voorgestelde aanpassing in die kragtarief deur Eskom sal die gemiddelde boerdery se kraguitgawes dié jaar met R79 000 laat toeneem. Die kragvoorsiener vra vir ’n jaarlikse verhoging van 16% vir die volgende vyf jaar.
 
Al dié faktore sal bydra tot ’n laer netto boerdery-inkomste (NBI), en soos wat bereken is vir die gemiddelde plaas, sal dit met die boerdery vanjaar teen ’n verlies bedryf word. Dit sal daartoe lei dat die boerdery ’n ongunstige kontantvloei beleef, wat die eerste stap na bankrotskap kan wees. “Dit is duidelik dat die finansiële prestasie van ? tipiese aartappelboerdery onder hewige druk verkeer,” verduidelik Jooste.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.5%
Rand - Pond
19.46
-0.7%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,634.19
+0.7%
Silwer
18.60
+1.3%
Palladium
2,046.32
+0.2%
Platinum
860.01
+0.8%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,387
+0.2%
Alle aandele
63,739
+0.2%
Hulpbronne 10
56,151
-0.1%
Industriële 25
79,550
+0.0%
Finansiële 15
14,086
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot