AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Loonoplossing van Tina verwag – DA

’n Oplossing om werksverliese in die landbou te beperk moet van die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye kom, sê die DA.

’n Versoek is tot die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gerig dat min. Tina Joemat-Pettersson dringend met ’n plan vorendag moet kom om werksverliese in die landbou te beperk. Die Demokratiese Alliansie (DA) sê dit is duidelik vanuit verskeie oorde dat die nuwe minimumloon tot ’n groot verlies aan werksgeleenthede sal lei.
 
Me. Annette Steyn, partyverteenwoordiger, sê derhalwe het sy dié versoek tot mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die komitee, gerig. Die versoek is ook gegrond op die feit dat die landbou se aandeel tot die bruto binnelandse produk van 2,5% tot 1,9% in die tydperk van 2008 tot 2011 gedaal het.
 
Opgeleide werkers
Navorsing wat onlangs deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) oor die minimumloon voltooi is, dui aan dat die landbousektor só ontwikkel dat minder, maar beter opgeleide en dus beter betaalde werkers aan die orde van die dag sal wees. “Dít beteken dat derduisende families sonder ’n bron van inkomste kan wees,” sê Steyn.
 
Steyn sê derhalwe moet die Minister met ’n reeks stappe vorendag kom, soos om ’n vergoedingsprogram op die been te bring om die sektor by te staan om die hoër koste te absorbeer. Nog voorstelle is inisiatiewe om produktiwiteit te verhoog, sodat boere meer werkers kan bekostig, of om ’n opleidingsprogram vir plaaswerkers op die been te bring.

“Die minister moet dié planne as ’n saak van erns aan die parlement voorlê. Dit is tyd dat sy wys dat sy ernstig daaroor is om stabiliteit in die sektor te herstel en om alle belanghebbendes te ondersteun om hul lewensvatbaarheid te onderhou en tot die ekonomie by te dra,” aldus Steyn.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
-0.7%
Rand - Pond
20.07
+0.1%
Rand - Euro
17.66
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,697.20
-0.9%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,185.00
-3.4%
Platinum
917.50
-0.9%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot