AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Loonverhoging gaan staat benadeel

Die staat het met die loonverhoging in die landbou die gans wat die goue eiers lê “letterlik” nek omgedraai.

Die kans dat die 52% loonverhoging vir plaaswerkers die boerderykarakter van die benede-Oranjerivierstreek onherroeplik gaan verander, is baie goed. Mnr. Herman Cruywagen, hoofbestuurder van Oranjerivierkelders, sê die staat kan met dié “ondeurdagte” besluit die karakter wat oor die afgelope eeu opgebou is, totaal verander.
 
As boere besluit om wingerde uit te haal om ander gewasse, waarvoor minder arbeid nodig is, aan te plant, sal dit ’n enorme daling in aksyns tot gevolg hê. Cruywagen bereken as ’n wingerd 30 ton druiwe produseer en sowat 600 liter wyn uit ’n ton geproduseer kan word, die staat sowat R45 000 (teen R2,50 per liter wyn) aan aksyns gaan verloor vir elke ton druiwe wat minder geproduseer word.
 
“Die Regering het nou letterlik die gans wat die goue eiers lê, gaan staan en nek omdraai,” sê Cruywagen. “Die verminderde aksyns beteken dat die staat die verlies aan belasting op ander maniere sal moet verhaal, wat nóg meer druk op die reeds vuisvoos landsburger sal plaas.”

Afdankings en armoede
Verder is Cruywagen ook bekommerd oor die impak wat die verhoging op afdankings en gevolglik op armoede in die gemeenskap sal hê. Sowat 15 000 individue werk tans heeltyds in die wingerdbedryf, met sowat 50 000 seisoenswerkers wat gebruik word. Afdankings sal, volgens Cruywagen, ’n rimpeleffek op Upington en die omliggende omgewing hê. Die verhoging maak dit onafwendbaar.
 
Mnr. Albert Brink, voorsitter van die kelder se direksie, sê die verhoging gaan boere noop om radikaal na hul ondernemings te kyk en dat die plaaslike wynbedryf homself sal moet herposisioneer.

“Boere sal wyndruiwe met meer winsgewende rosyntjies vervang, wat al die goeie werk wat Oranjerivierkelders die afgelope paar jaar gedoen het om sy reputasie as gehaltewynprodusent te vestig, ongedaan maak.”
 
Volgens Brink is boere se kommentaar oor die besluit nie ter harte geneem nie, en is dit eensydig deurgevoer. “Op 1 Maart, wanneer die verhoging in werking tree, staan die boere van die Oranjerivier kniediep in die oes en die verhoogde produksiekoste gaan hul beplanning van verlede jaar heeltemal tot niet maak.”
 
Die hoër lone kan na verwagting ook ’n impak op die prys van die kelder se produkte hê, wat die kelder se mededingendheid in die wiele kan ry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot