...Verkoop jy jou produk aan ’n groot, “veilige” maatskappy of koöperasie teen ’n kleiner winsmarge, of waag jy ’n kans met ’n kleiner onderneming wat vir jou meer geld in die sak beloof?
Pretorius staan in sy persoonlike hoedanigheid en as ’n lid of direkteur van Eco Grain CC en Eden Feedlot (Edms.) Bpk. op 12 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en diefstal tereg.
Dit spruit uit voorvalle waar hy produsente van die Vrystaat en die landboumaatskappy GWK Bpk., na bewering vanaf Augustus 2019 tot Augustus 2020 uit meer as R30 miljoen se graan geswendel het.