AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

LRAD-boer wag steeds om grond te koop

akkreditasie
Ná ’n stryd van 16 jaar met die staat het mnr. David Rakgase (79) die reg gekry om die staatsplaas te koop waarop hy en sy gesin sedert 1991 al boer. Van links is me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Rakgase en sy seun mnr. Mmofa Rakgase. Foto: Verskaf
Ná ’n stryd van 16 jaar met die staat het mnr. David Rakgase (79) die reg gekry om die staatsplaas te koop waarop hy en sy gesin sedert 1991 al boer. Van links is me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Rakgase en sy seun mnr. Mmofa Rakgase. Foto: Verskaf
Die staat sleep sy voete om die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria te eerbiedig en die plaas Nooitgedacht in Limpopo aan die 79-jarige boer mnr. David Rakgase te verkoop, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou.

Die hooggeregshof het verlede jaar gelas dat die plaas van 3 179 ha aan Rakgase verkoop moet word teen die prys wat hy in 2003 daarvoor sou betaal het. In 2003 het die departement ’n herverdelingstoelaag van R400 000 goedgekeur om Rakgase te help om die plaas van R1,2 miljoen te koop.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het egter voor die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesê die departement sleep nie sy voete nie. Die kwessie oor die koopprys moet opgelos word. Die waarde van die grond vandag verskil baie van toe die aanbod aan Rakgase gemaak is. “Ons glo ons moet hou by die aanbod wat destyds gemaak is,” maar sy het aangedui dat met die nasionale tesourie gesprekke hieroor gevoer word.

Didiza het gesê die departement verstaan dat hy nie terug kan gaan op die kwessie soos die hofuitspraak aangedui het nie.

Die hof het op 4 September 2019 uitspraak gelewer dat die departement die grond, waarop Rakgase al 28 jaar boer, binne 30 dae aan hom moet verkoop teen die prys wat hy in 2003 daarvoor sou betaal het.

Steyn het teruggekap dat die departement wel sloer en dat daar weer eens ’n nuwe kwessie ingebring word wat die proses vertraag vir Rakgase om die grond te bekom.

“Ek het gedink ons is verby die kwessie van die geld, dit is ’n hofbeslissing. My kommer is dat daar nou ’n nuwe kwessie is en die departement weet hy sleep onnodig sy voete.”

’n Nuwe kwessie

Die nuwe kwessie wat die departement nou voor Rakgase se deur gegooi het, is ’n kwessie rondom onwettige plakkers op die grond. Die departement beweer dat Rakgase het in 2014 aan grondbesetters en/of plakkers toestemming gegee om daar te bly en dat hy onderneem het om die grond te onderverdeel.

Dit is volslae leuens, het Steyn gesê. Rakgase het bewyse dat hy hom na die hof gewend het om die besetters van die grond af te kry.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.4%
Rand - Pond
20.14
-0.1%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,766.03
-0.1%
Silwer
23.23
-0.4%
Palladium
2,015.50
-2.9%
Platinum
1,037.79
-2.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot